Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Philip: Pragfoto's en video's van begrafnis

Prins Philip, hertog van Edinburg, se begrafnisdiens is Saterdag tydens ’n plegtige en somber geleentheid in die Windsor-kasteel gehou.

Die koninklike familie het in twee groepe in die koorgedeelte van die kapel gesit. Foto: Reuters
Prins Andrew was die familielid wat die naaste aan die koningin gesit het. Foto: Reuters
Die koninklike familie het weerskante van die kis in die koorgedeelte gesit. Weens inperkingsmaatreëls kon net 30 gaste die begrafnis bywoon. Foto: Reuters
Prins William en prins Harry stap agter die prosessie aan. Hul neef, Peter Philips, het tussen die twee gestap.Foto: Getty Images
Prinses Anne kan gesien word met agter haar graaf Snowdon, prinses Margaret se seun, prins Edward en prins Harry.Foto: Getty Images
Prins Philip se kis word op ’n platform voor in die kerk geplaas. Foto: AP
Prins Harry het die medaljes wat hy tydens twee ontplooiings in Afganistan verower het, na die diens gedra.Foto: Getty Images
Catherine, hertogin van Cambridge. Foto: Getty Images
Prinses Beatrice en haar man, Edoardo Mapelli Mozzi, stap by die kapel in. Foto: Getty Images
’n Lid van die gewapende magte staan voor die grasperk by die kapel waar honderde ruikers van roubeklaers geplaas is.Foto: Reuters
’n Strak prins William stap langs sy neef, Peter Philips, en broer, prins Harry, agter die stoet aan. Foto: Reuters
Prinses Eugenie kom by die kapel aan. Foto: AP
Zara en Mike Tindall kom by die kapel aan. Foto: Getty Images
Prins Philip se perdekarretjie, met sy pet, sweep, handskoene en ’n houer met suikerklontjies vir die twee ponies, was deel van die prosessie. Foto: AP
’n Bedroefde prins Charles stap agter sy pa se kis aan. Foto: AP
Die prins se kis, gevolg deur die familielede wat aan die prosessie deelgeneem het, word by die kapel ingebring. Koningin Elizabeth sit links voor. Foto: AP
Koningin Elizabeth het die begrafnisstoet tot by die kapel gevolg in ’n Bentley. Al die begrafnisgangers moet volgens inperkingsregulasies maskers dra. Foto: AP
Die hertog van Edinburg se kis is agterop ’n aangepaste Land Rover vervoer. Sy persoonlike vlag, wat die vlag van Griekeland en Denemarke insluit, is oor die kis gedrapeer. ’n Eenvoudige ruiker wit blomme met ’n brief van koningin Elizabeth het saam met sy vlootpet en swaard op die kis gelê. Foto: Getty Images
Lede van die Grenadier-wag staan wag langs die prosessie-roete na die St. George-kapel. Foto: Reuters
Prinses Anne kan agter haar pa se kis op die Land Rover gesien word. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.