Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Placido Domingo van seksuele teistering beskuldig

Die operaster Placido Domingo (78) ontken hy het van sy medesangers seksueel geteister. Hy sê na sy mening was al sy interaksies en verhoudings konsensueel.

Agt sangers en ’n danser beweer Domingo het hulle oor ’n tydperk van 30 jaar seksueel geteister, berig die nuusagentskap AP. Dié teistering het glo by van die wêreld se grootste operahuise plaasgevind.

Een sê Domingo het sy hand by haar romp ingedruk en drie ander sê hy het nat soene op hulle afgedwing, berig The Guardian.

Ses ander vroue het aan AP gesê hy het suggestiewe gebare aan hulle gemaak.

Placido Domingo is een van die reuse van die operawêreld. Hier is hy in 2006 tydens ’n opvoering by die eindstryd van die Wêreldbekersokkertoernooi in Berlyn. Foto: AP

Dit was ’n ope geheim in die operawêreld dat vroue dit moes vermy om alleen saam met Domingo te wees, is aan AP gesê.

Van die sangers meen hul loopbaan het skade gely omdat hulle Domingo se toenadering van die hand gewys het. Net een, die mezzosopraan Patricia Wulf, was bereid dat haar naam openbaar gemaak word.

Domingo het in antwoord op AP se navrae gesê hy vind die aantygings ontstellend en dat die feite onakkuraat aangebied word. Hy sê mense wat hom ken weet hy is nie iemand wat ander mense opsetlik sal seermaak, aanstoot gee of in die verleentheid sal bring nie.

“Ek aanvaar wel dat die reëls en standaarde waaraan ons vandag gemeet word, baie verskil van dít wat in die verlede gegeld het.” – Bronne: AP, SkyNews, The Guardian, verwerk



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.