Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Plan om kiwi’s in N-Seelandse hoofstad te hervestig

Nieu-Seeland wil sy nasionale voël, die kiwi, weer volop in die hoofstad sien.

’n Kiwi-voëlFoto: Twitter/Nieu-Seelandse departement van omgewing

Dié loopvoëls, wat snags aktief is, kom al ’n eeu nie meer in Wellington voor nie.

Die departement van omgewingsake in die land sê op sy webwerf hy beoog om Wellington die eerste stad ter wêreld te maak wat vry van roofdiere is.

Hy gaan oor die volgende tien jaar N$2,6 miljoen aan die projek bestee.

Die organisasie Predator Free Wellington beoog om van al die opossums, rotte en knaagdiere in die stad ontslae te raak.

Die burgemeester van Wellington, Justin Lester, sê skoolkinders help deur vanghokke by skole te plaas.

Plaaslike gemeenskappe raak betrokke by die projek en vrywilligers werk om van die peste ontslae te raak.

Daar is 68 000 kiwi’s in die land, maar hul getalle neem jaarliks met 2% af.

Blykbaar het die afname in peste in stedelike gebiede ook die gevolg dat ander voëls se getalle toeneem.

Die plaaslike regering sê in ’n verklaring Wellington is – nadat ’n voëltelling wat wys die getalle styg – nou ’n “puik plek om bedreigde inheemse voëlspesies te sien en ’n koor te hoor”.

Volgens CapitalKiwi.co.nz oorleef net 6% van kuikens en daarom broei baie min van die voëls. Voëls kan eers nadat hulle volwasse is, hulself verdedig.

Blykbaar het die meeste Nieu-Seelanders nog net Kiwi’s in dieretuine of ander instellings gesien. Daarom wil die volk wat na die voëls genoem is hulle hervestig sodat hulle weer ’n algemene gesig word.

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Bedreigde Spesies  |  Kiwi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.