Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Platsak SA’ners sukkel steeds om terug huis toe te kom

Suid-Afrika se lugruim moet vir kommersiële vlugte oopgestel word sodat gestrande Suid-Afrikaners in die buiteland kan terugkom huis toe.

So sê Beverley Schäfer, DA-LPW wat gemoeid is met groepe soos Home Away from Home en Locked in South Africa (Lisa), by navraag oor Suid-Afrikaners in die buiteland wat steeds sukkel om terug te keer.

Van hulle probeer desperaat repatriasievlugte reël, terwyl ander nie geld vir dié vlugte het nie, het dit uit korrespondensie van Suid-Afrikaners in lande soos Nederland en Engeland aan Netwerk24 geblyk.

Baie Suid-Afrikaners het voor die Covid-19-pandemie retoerkaartjies bespreek wat nie vir repatriasievlugte gebruik kan word nie. Hulle moet nou ekstra opdok vir ’n repatriasievlug of bevind hulle op plekke waar vlugte na Suid-Afrika nie toegelaat word nie.

Volgens ’n Suid-Afrikaanse vrou (54) in Nederland wie se man vir ’n Suid-Afrikaanse maatskappy daar werk, kos ’n vlug op die KLM-lugdiens vir hulle en hul dogter saam nou sowat R120 000. Sy sê hulle het nog ’n inkomste, maar wat van die duisende ander mense wat in slegter situasies is.

Wat belangrik is, is dat gevra word dat die lugruim vir kommersiële vlugte oopgestel word.

Volgens die vrou blyk dit op talle sosialemediagroepe vir gestrande Suid-Afrikaners (die Facebook-groep Home Away from Home alleen het meer as 12 000 lede) dat baie Suid-Afrikaners hul werk verloor het en nou op skenkings staatmaak. Ander wat op vakansie was, moes lenings aangaan om te oorleef totdat hulle kan terugkom.

Daar is ook mense met kanker, diegene wat geld betaal het vir vlugte wat nie uitgewerk het nie en mense wat vlugte verpas het weens papierwerk wat nie betyds ontvang is nie. Mense van alle ouderdomme word geraak, soos ’n 80-jarige vrou wat by haar dogter in Nederland gekuier het en nou daar gestrand is.

“Wat belangrik is, is dat gevra word dat die lugruim vir kommersiële vlugte oopgestel word,” sê Schäfer.

“As ’n mens kyk na Europa, Amerika en Asië is daar duisende vlugte, eintlik oraloor die wêreld, behalwe Afrika. Die vraag is: Waarom kan ons nie kommersiële vlugte herinstel met voorsorgmaatreëls soos ’n Covid-19-toets nie? So kan Suid-Afrikaners normale pryse vir vliegtuigkaartjies betaal en terugkom.”

Sy sê daar word gehoop dat die situasie met die lugruim moontlik teen September/Oktober sal begin normaliseer.

Meer oor:  Beverley Schäfer  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Repatriasievlugte  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.