Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Poetin: Ek kan nie waarborg Nawalni sal tronk oorleef

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het geweier om enige waarborg te gee dat die opposisieleier, Aleksei Nawalni, lewend uit die tronk sal kom en gesê sy volgehoue aanhouding is nie sy besluit nie.

Hy het ook verwys na die swak mediese sorg in die land se tronke.

Aleksei Nawalni
Aleksei Nawalni Foto: Reuters

Poetin het in ’n uitgebreide onderhoud met NBC News, vóór sy vergadering met pres. Joe Biden van Amerika in Genève, Switserland, ook vrae ontwyk rondom bewerings van sy regering se rol in kuberaanvalle op die Weste.

Nawalni was die slagoffer van vergiftiging. Hy is in Januarie aangekeer en in Februarie vir meer as twee jaar tronk toe gestuur. Hy word deur verdere vervolging in die gesig gestaar, wat daarop dui dat die Kremlin gereed is om sy tronkstraf te verleng. Sy politieke beweging is verlede week deur die hof onwettig verklaar as deel van ’n wyer onderdrukking van opposisiepartye.

EUobserver berig Poetin het op ’n vraag oor of hy kan waarborg dat Nawalni lewend vrygelaat sal word, geantwoord: “Wat die gesondheid van alle individue in ’n tronk betref, dit is iets waarvoor die administrasie van die spesifieke tronk of gevangenisstraf-instelling verantwoordelik is.”

Hy het ook daarop gewys dat mediese geriewe in tronke moontlik nie baie goed is nie, maar dat dit die betrokke instelling se verantwoordelikheid is.

In reaksie op die stelling dat Nawalni nie ’n gewone gevangene is nie, het Poetin geantwoord: “Hy sal nie slegter behandel word as enigiemand anders nie.” NBC, The Guardian EUobserver


Meer oor:  Aleksei Nawalni  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.