Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Poetin waarsku Amerika oor Iran

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Amerika oor ’n konflik met Iran gewaarsku en gesê ’n oorlog tussen die twee sal katastrofaal wees.

Poetin het gesê hy is bekommerd dat die VSA kan optree nadat Iran dié week ’n onbemande Amerikaanse vliegtuig neergeskiet het, berig ABC News.

“Ek sal dit reguit sê. Dit sal ’n katastrofe wees,” het hy gesê en bygevoeg dat ’n konflik tot talle vlugtelinge kan lei.

NBC sê Poetin het dié aanmerkings in sy jaarlikse TV-uitsending in Rusland gemaak en dat hy meen dat ’n konflik tussen Amerika en Iran net tot meer geweld sal lei, wat “hartseer gevolge” inhou vir diegene wat by die konflik betrokke is.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland Foto: Getty Images’n “spioenasievliegtuig” was

Iran voer aan dat hy nie ’n oorlog wil hê nie, maar die reg het om teen enige bedreiging op te tree, berig AP.

Iran se elite-troepe, die Iranse Revolusionêre Wag (IRW), het Donderdag op staatstelevisie gesê die neerskiet van die Amerikaanse onbemande vliegtuig is ’n duidelike boodskap aan sy aartsvyand, die VSA.

Die IRW beweer op sy webblad dat die Amerikaanse vliegtuig, wat oor die Hormozgang-provinsie neergeskiet is, ’n “spioenasievliegtuig” was.

Die VSA het Maandag aangekondig dat minstens nóg 1 000 troepe na die Midde-Ooste gestuur gaan word.

Die twee lande is sedert verlede week weer haaks nadat die Amerikaanse regering ’n video uitgereik het wat glo bewys dat die IRW vir die aanvalle op twee olietenkskepe verantwoordelik is.

Die skepe, een van Noorweë en een van Japan, is in die Straat van Hormoes aangeval. Dit is die toegangsroete vir bykans 20% van die olie wat wêreldwyd verbruik word.

Die verhouding tussen die VSA en Iran het versuur sedert Amerika hom aan ’n kernwapenooreenkoms onttrek het en oliesanksies teen Iran ingestel is.

Meer oor:  Wladimir Poetin  |  Amerika  |  Iran
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.