Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Polisie-optrede by nagwaak in Londen kwel Johnson

Boris Johnson, Britse premier, het sy kommer uitgespreek oor die hardhandige optrede van Londense polisiebeamptes by ’n nagwaak vir ’n vermoorde vrou.

’n Interne ondersoek is begin nadat polisiebeamptes vroue glo by die nagwaak vir die 33-jarige Sarah Everard weggesleep het.

Everard het op 3 Maart in Londen verdwyn terwyl sy huis toe gestap het. ’n Polisiebeampte word van haar moord aangekla.

“Soos almal wat dit gesien het, was ek Saterdagaand diep bekommerd oor die beeldmateriaal van Clapham Common,” het Johnson in ’n verklaring gesê met verwysing na die Londense park waar die impromptu byeenkoms plaasgevind het in weerwil van ’n inperkingsverbod op sosiale byeenkomste.

Die moord op Everard het ’n groot uitstorting van hartseer en ontsteltenis oor Brittanje heen ontketen weens die mislukking van die polisie en die algemene samelewing om geweld teenoor vroue te bekamp.

Mense sou Maandag by Parliament Square byeenkom onder die vaandel “End Violence Against Women”.

Johnson het gesê Cressida Dick, metropolitaanse polisiekommissaris, het haarself daartoe verbind om die polisie se optrede te hersien.

’n Vrou kyk Maandag na duisende ruikers wat vir die vermoorde Sarah Everard by Clapham Common, waar sy laas lewend gesien is, neergesit is. Foto: Reuters

Volgens Johnson sal Priti Patel, minister van binnelandse sake, ook ’n hersiening aanvra sodat lesse geleer kan word oor hoe om die polisiëring van sulke gebeurtenisse te verbeter.

Dick het vir polisiebeamptes in die bres getree en gesê hulle moes onder moeilike omstandighede besluite neem.

“Ons is steeds midde-in ’n pandemie. Onwettige byeenkomste is onwettige byeenkomste en beamptes moet optree as mense hulself in gevaar stel,” het sy gesê.

Kit Malthouse, minister van polisie, is in ’n onderhoud met die nuuskanaal Sky News gevra of hy die oproepe steun dat Dick bedank. Hy het geantwoord hy steun dit nié.

“Ek besef wel dat die polisie in ’n ongelooflik moeilike posisie is. Ons het dwarsdeur die pandemie van hulle verwag om take te doen wat hulle nog nooit voorheen gedoen het nie. Hulle moes tussen die publiek en hierdie verskriklike virus staan op ’n wyse waarop niemand van ons gewoond is nie,” het Malthouse gesê. Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Sarah Everard  |  Londen  |  Polisie-Optrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.