Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Polisie soek Maddie nou in putte in Portugal

Die polisie in Portugal het nou begin soek na Madeleine McCann se lyk in die Algarve-kusstreek in Portugal nadat sterk bewyse glo gevind is dat die Duitser Christian Brückner verantwoordelik was vir haar verdwyning.

Volgens die Daily Mail soek hulle veral in putte in die Vila do Bispo-dorpsgebied sowat 20 minute se ry wes van die Praia da Luz-oord, waar die Britse kleuter in Mei 2007 verdwyn het. Sy was toe drie jaar oud.

Vroeër is berig Duitse aanklaers het die putte geïdentifiseer as moontlike plekke waar ’n lyk begrawe sou kon word.

Brückner (43) word glo ook verbind met ’n ander saak van ’n vermiste persoon in die Algarve-gebied.

Sandra Felguiras, ’n joernalis by die Portugese uitsaaier RTP, het verlede week onthul dat Brückner in hegtenis geneem is nadat hy homself in 2017 glo aan kinders op ’n speelgrond naby Praia da Luz ontbloot het. Dít terwyl hy na bewering aan die vlug was van die Duitse owerhede.

Kate McCann pleit in 2007 op ’n nuuskonferensie vir enigiemand met inligting oor Maddie om na vore te kom. Foto: Reuters

Die Portugese polisiediens het nog nie amptelik gereageer op die bewerings oor die nuutste soektog na Madeleine nie.

The Sun berig die brandweer is glo ook ingeroep om te help soek na ’n lyk.

Die Duitse ondersoekers is oortuig daarvan dat Madeleine dood is en het Brückner as die hoofverdagte geïdentifiseer. Hulle het glo ook ’n sterk vermoede hoe sy vermoor is. Brückner is ’n reeksoortreder en juis nou in ’n tronk in Duitsland weens onverwante oortredings.

Luidens ’n berig in Daily Mirror het ’n wit en geel woonwavoertuig van die vroeë 1980’s wat in 2007 in Algarve afgeneem en in Portugal geregistreer is, glo aan Brückner behoort.

Scotland Yard beweer Brückner het in die dae voor Madeleine se verdwyning met dié voertuig in die Praia da Luz-gebied rondgery. Brückner word ook verbind met ’n 1993-Jaguar XJR6 met ’n Duitse nommerplaat wat in 2006 en 2007 in Praia da Luz en die omliggende gebiede gesien is.

Madeleine was destyds met vakansie saam met haar ouers, Kate en Gerry McCann, en sibbe Sean en Amelie, toe sy spoorloos verdwyn het. Die Britse polisie het dit tot nou toe as ’n vermiste-persoon-saak ondersoek omdat haar ouers bly hoop het sy sal nog lewend gevind word.

Meer oor:  Maddie Mccann
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.