Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Polisiebeampte gewond in skietery by Pentagon

’n Polisiebeampte is Dinsdag buite die Pentagon, hoofkwartier van die Amerikaanse departement van verdediging, geskiet.

CNN  berig die toestand van die polisiebeampte is nog onbekend.

Die skietvoorval het by ’n busplatform naby die gebou se metrostasie gebeur.

Die Pentagon het onmiddellik aangekondig dat dié gebou in Arlington in die Amerikaanse deelstaat Virginië gesluit is.

Die sluiting is intussen opgehef, het die departement van verdediging Dinsdag op Twitter aangekondig.

’n Polisiebeampte staan Dinsdag buite die Pentagon ná ’n skietvoorval by die gebou se metrostasie. ’n Gewapende man is glo geskiet voordat hy die gebou kon betree. Foto: AP

“Die Pentagon is weer oop. Gang 2 en die metro-ingang sal gesluit bly. Gang 3 is oop vir voetgangerverkeer,” lui die twiet.

Volgens Politico het die polisie ’n gewapende man geskiet voordat hy die gebou kon binnegaan.

Daar is geen ander verdagtes nie en die toneel is veilig, het ’n amptenaar van die Pentagon se veiligheidsdiens gesê.

NBC News  berig lede van die Arlington-distriksbrandweerdiens het “talle beseerdes” teëgekom. Amptenare het nie onmiddellik besonderhede bekend gemaak oor die omvang van hul beserings nie.

Die Pentagon se veiligheidsdiens het later getwiet dat hoewel die gebou weer geopen is, bly dit ’n aktiewe misdaadtoneel. Mense is versoek om van die ingang na die metro en die omgewing van die busplatform weg te bly.

Meer oor:  Pentagon  |  Amerika  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.