Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Polisiehond vind trouring tjop-tjop nadat man dit weggooi
Konst. Carl Woodall en sy hond Odin – die helde in die ring-sage. Foto: West Midlands Police

Odin het net ’n oomblik nodig gehad om die trouring te vind waarna ’n man en sy vriend in die middernagtelike ure in lang gras gesoek het nadat die man dit in ’n woedebui weggegooi het.

Konst. Carl Woodall en Odin, sy polisiehond-kollega, het die twee langs die pad in Harborne in Birmingham, Engeland, teëgekom waar hulle “verdag” opgetree het.

Hulle het in die donker met ’n flits na die man se trouring gesoek. Hy het dit vroeër ná ’n onderonsie met sy vrou na buite gegooi.

Die man het aan Woodall gesê hy is verskriklik verleë daaroor en hy en die vriend soek nou al lank met ’n flitslig na die ring.

Odin, ’n sesjarige opgeleide Duitse herdershond, het korte mette met die soektog gemaak deur die ring binne twee minute op te spoor.

“Ons honde word geleer om menslike reuke uit te snuffel. Odin het ’n goedkeurende kloppie gekry en ek was binne vyf minute terug op patrollie,” sê Woodall. 

- Bronne: Metro, IrishNews en BBC; verwerk. 

Meer oor:  Birmingham  |  Trouring  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.