Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Polisielid erken hy het Sarah Everard vermoor

’n Lid van die Britse polisie het Dinsdag skuld beken vir die ontvoering en verkragting van Sarah Everard (33).

Wayne Couzens (48), wat in Londen by diplomatieke geboue patrolliewerk gedoen het, het ook erken hy het haar vermoor, hoewel hy nie op die aanklag gepleit het nie.

Everard se verdwyning en moord het aanleiding gegee tot grootskaalse betogings in Brittanje oor wat die polisie, regering en die gemeenskap oor geweld teen vroue kan doen.

Everard is op 3 Maart ontvoer toe sy huis toe gestap het nadat sy by ’n vriendin in die suide van Londen was. Haar lyk is later byna 80 km verder gevind.

’n Lykskouing, wat vroeër vandeesweek afgehandel is, het getoon sy is dood weens ’n nekbesering.

Vroue in Brittanje het ná Everard se moord hul ervarings gedeel oor hoe bang hulle is om saans alleen op straat te wees.

Boris Johnson, premier, het belowe dat iets hieraan gedoen sal word. Dit sluit in beter beligting in strate en dat polisielede in gewone klere kroeë en klubs sal besoek om moontlike verdagtes te identifiseer. Reuters


Meer oor:  Sarah Everard  |  Londen  |  Geslagsgeweld  |  Betogings  |  Moord  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.