Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Polisievrou doodgeskiet in speletjie

’n Franse polisievrou is in Parys doodgeskiet terwyl polisielede in ’n speletjie gekyk het hoe vinnig hulle hul wapen uit die skede kan kry.

Christophe Crepin, leier van die polisievakbond, sê dis ’n “tragedie weens ’n fout in die hantering van ’n gelaaide vuurwapen”, berig CNN.

Haar naam is nog nie bekend gemaak nie.

’n Polisieman is in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag.

Die koerant Le Parisien berig daar was twee ander polisiebeamptes op die toneel. Hulle was aan diens as wagte by ’n polisiegebou, volgens newsofdayonline.

Meer oor:  Frankryk  |  Doodgeskiet  |  Strafbare Manslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.