Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pompeo optimisties oor Turkye
Amerikaanse minister van buitelandse sake
Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake. Foto: EPA

Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, is optimisties dat ’n “goeie uitkoms” tussen Turkye en Koerdiese groepe in Sirië bereik kan word.

Verhoudings tussen die VSA en Turkye is die afgelope ruk gespanne omdat die VSA die Koerdiese YPG-groep, ’n onafhanklike mag in Sirië, steun. Hy het saam met die VSA teen die Islamitiese Staat (ISIS) geveg.

Turkye beskou egter die Koerdiese YPG as ’n verlenging van die verbode Koerdse werkersparty en beskou die groep ook as ’n bedreiging.

Pompeo het onlangs telefonies met sy Turkse eweknie, Mevlut Cavusoglu, gepraat.

“Ons erken die Turkse mense se reg om hul land teen terroriste te beskerm, maar ons weet ook dat diegene . . . wat nie terroriste is nie en die afgelope tyd saam met ons veg, verdien om beskerm te word,” het Pompeo aan verslaggewers gesê.

“Daar is baie besonderhede wat nog bespreek moet word, maar ek is optimisties dat ons ’n goeie uitkoms kan bereik,” het hy gesê.

Sirië
In Sirië word die Russiese ZU-23 lugafweerkanonne sommer agterop ’n Land Cruiser gemonteer en deur rebelle gebruik. Foto: Wikimedia.org

Pompeo sê hy het in sy oproep met Cavusoglu oor verskeie sleutelkwessies gepraat, onder meer oor die konflik in Sirië en die aanhouding van Amerikaners in Turkye.

Hy sê Jim Jeffrey, Amerikaanse gesant vir Sirië, is die afgelope week na die noordooste van Sirië en sal binnekort na Ankara, die Turkse hoofstad, reis om oor die konflik in Sirië te praat.

Hy het gesê gesprekke tussen die Siriese regering en Siriese Koerde kan deel uitmaak van ’n breër politieke oplossing in die land.

Koerdiese groepe wat dele in die noorde van Sirië beheer, vrees ’n aanval deur Turkye in die lig van pres. Donald Trump van die VSA se besluit om Amerikaanse troepe aan die gebied te onttrek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.