Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pous gee reëls om kinders teen mishandeling te beskerm

Omvangryke nuwe regulasies om kinders in die Katolieke Kerk wêreldwyd te beskerm is Vrydag deur pous Franciskus ingestel.

Vir die eerste keer is daar nou ’n eenvormige en streng beleid wat vir alle instellings van die kerk geld. Voorheen was daar ’n klomp verskillende regulasies oor die hantering van gevalle van die mishandeling van minderjariges en kwesbare mense, waarvan sommige op ad hoc-basis was.

Die nuwe bepalinge is in pas met wat die kerk van sy gemeentes verwag. Dit is in die vorm van ’n Apostoliese Brief uitgegee in 12 punte wat spesifieke riglyne gee.

Hoewel daar nie veel kinders in die Vatikaan woon nie, is daar kinders van veiligheidspersoneel en daar is kinders wat altaardiens doen, studiegroepe bywoon en elke dag instellings van die Vatikaan besoek, soos museums.

Die studiegroepe waar tienerseuns studeer, van wie sommige later priesters word, is in 2017 deur ’n seksskandaal getref. ’n Seun het gekla dat hy seksueel deur ’n ander seun mishandel is en dat dit kon gebeur omdat daar nie behoorlike toesig oor die priesters was nie.

Die nuwe regulasies geld van 1 Junie af. Dit behels onder meer prosedures om mishandeling aan te meld, die afdanking van iemand wat skuldig bevind word en ’n proses om seker te maak toekomstige werknemers is nie mishandelaars nie.

Meer oor:  Pous Franciskus  |  Vatikaan  |  Mishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.