Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pous pleit vir Idlib-burgers se menseregte

Pous Franciskus het Sondag ’n beroep op alle partye in Sirië gedoen om die menseregte van die burgerlikes in Idlib te beskerm. Idlib is die laaste rebellevesting in die noorde van die land en word in die gesig gestaar deur ’n aanval van die regeringsmagte.

Ná bykans sewe jaar van burgeroorlog is die provinsie Idlib en die omliggende gebiede die laaste enklawe in die hande van rebellegroepe.

Ontheemdes in ’n vlugtelingkamp in Idlib in Sirië. Dié foto is op 30 Julie vanjaar geneem. Foto: Reuters

Volgens bronne is pres. Basjar al-Assad se magte op die punt om ’n groot aanval op Idlib te loods.

“Die wind van oorlog waai en ons ontvang nuus van ’n moontlike humanitêre katastrofe in die provinsie van Idlib,” het die pous Sondag in sy weeklikse seënwense op die St. Pietersplein in die Vatikaanstad gesê.

“Ek herhaal my beroep op die internasionale gemeenskap en almal wat betrokke is by die diplomasie, gesprekvoering en onderhandeling om die menseregte van burgerlikes in die gebied te bewaar.”

Sirië het reeds verlede Donderdag gesê hy sal probeer om burgerlike ongevalle te vermy.

Meer as die helfte van die bewonders van Idlib is reeds ontheemdes wat weens die burgeroorlog hul huise verloor het.

Meer oor:  Pous Franciskus  |  Pres. Basjar Al-Assad  |  Idlib  |  Sirië  |  Oorlog  |  Rebellegroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.