Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pous wil euwel in kerk uitroei

Pous Franciskus, het Woensdag weer beloof om ’n einde te maak aan seksuele misbruik in die kerk. Dit was sy eerste openbare kommentaar ná ’n verslag oor die Vatikaan se bevordering van die voormalige Amerikaanse kardinaal Theodore McCarrick ondanks bewerings van seksuele wangedrag teen hom.

“Die verslag oor die pynlike saak van oud-kardinaal Theodore McCarrick is gister gepubliseer. Ek wil my nabyheid aan slagoffers van alle mishandeling verseker en my verbintenis om die euwel in die kerk uit te roei,” het pous Franciskus Woensdag tydens sy algemene weeklikse optrede gesê. Die pous het toe sy oë gesluit en gebid.

In die verslag, wat 450 bladsye beslaan, word uiteengesit hoe McCarrick in 2000 deur wyle pous Johannes Paulus II bevorder is ondanks gerugte oor seksuele wangedrag. Dit is net een van ’n reeks mislukkings deur Rooms-Katolieke kerkleiers wat nagelaat het om teen McCarrick op te tree ondanks verskeie bewerings van seksuele wangedrag.

Pous Franciskus het Woensdag belowe om euwel in die kerk uit te roei.Foto: Reuters

Volgens die verslag het die voormalige pous Benedictus nie in 2008 aantygings teen McCarrick ondersoek nie, maar hom eerder gewaarsku om ’n lae profiel te handhaaf.

Pous Franciskus se woorde volg op ’n onafhanklike ondersoek Dinsdag in Londen waarin daar gesê word dat die Rooms-Katolieke kerk in Brittanje sy morele doel oor dekades versaak het deur diegene wat kinders seksueel mishandel, te beskerm eerder as om na hul slagoffers om te sien.

Die Vatikaan het verlede week in Pole ’n bejaarde kardinaal gedissiplineer wat daarvan beskuldig word dat hy ’n minderjarige seksueel misbruik het, die jongste van verskeie geestelikes wat betrek word by ’n groter skandaal in die tuisland van wyle pous Johannes Paulus II.

- Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.