Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Premier gedreig in stryd oor plaagdoder

Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, het verskeie dreigemente, waaronder ten minste een doodsdreigement, van omgewingsaktiviste ontvang.

Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se eerste minister. Foto: Jacinda Ardern/Facebook

Dit spruit uit groeiende teenstand teen die gebruik van die plaagdoder 1080 om indringerdiere soos wesels en buidelrotte te beheer, berig The Guardian.

Volgens Newshub het geweld en dreigemente van geweld deur die betogers toegeneem en Ardern sê sy is bekommerd oor die veiligheid van amptenare van die departement van omgewingsbewaring.

“Ek het ’n paar voorvalle gehad waarvan ek bewus gemaak is, maar om eerlik te wees, ek is bekommerder oor diegene wat op die voorpunt is, wat die dreigemente ’n bietjie meer direk en persoonliker ontvang.”

Aktiviste het onder meer amptenare se motorbande stukkend gesny, wielmoere losgedraai, die uitgange van nasionale parke versper en hulle op sosiale media en in die openbaar uitgeskel.

’n Persoon het op die departement se Facebook-blad gewaarsku as sy dogter deur 1080 vergiftig word, hy elkeen in die departement van omgewingsbewaring se “velle van hul gesig gaan slag en hulle vir ’n kort rukkie laat lewe voordat hulle doodgaan”.

Volgens The Guardian sê die regering die chemiese plaagdoder is veilig vir mense, maar omgewingsaktiviste sê die gif bedreig inheemse natuurlewe, mense en waterweë.

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.