Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Prins Andrew lê krans te midde van Epstein-skandaal

Prins Andrew van Brittanje het Saterdag sy eerste verpligting in die buiteland nagekom sedert die dood van sy eertydse vriend Jeffrey Epstein in sy tronksel.

Die prins se vriendskap met die miljardêr-pedofiel is opnuut in die kollig nadat Epstein, ’n New Yorkse miljoenêr en veroordeelde seksoortreder, hom vroeg in Augustus in sy sel opgehang het.

Epstein was verhoorafwagtend op aanklagte van sekshandel.

Die prins het Saterdag saam met prins Laurent van België ’n kranslegging in Brugge, België, behartig om die 75ste herdenking van die bevryding van dié stad te gedenk.

Hy wou nie kommentaar lewer op ’n vraag van Lisa Holland, ’n verslaggewer van SkyNews, oor of hy sy samewerking aan prokureurs in Amerika sal gee oor sy bande met Epstein nie.

Die 59-jarige prins Andrew het Saterdag sy eerste oorsese verpligting behartig nadat sy eertydse vriend, Jeffrey Epstein, homself in sy tronksel opgehang het.Foto: AP

Verskeie van Epstein se slagoffers sou teen hom getuig, maar is die kans ontneem weens Epstein se selfdood. Van die slagoffers voer aan dat hulle gewerf is om vir Epstein te werk en seksueel aangerand is terwyl hulle minderjarig was.

Selfs nadat Epstein ’n geregistreerde seksoortreder geword en tronkstraf uitgedien het, is prins Andrew in sy geselskap gesien. Tydens dié besoek in 2010 aan Amerika was die prins ook ’n gas in Epstein se luukse woning in New York.

Die regsverteenwoordigers van Virginia Roberts Giuffre, een van Epstein se slagoffers, het die prins vandeesweek gevra of hulle kan ontmoet om sy verhouding met Giuffre, Epstein en sy vriendin Ghislaine Maxwell te bespreek.

Epstein het glo sy jong slagoffers aan sy ryk en bekende vriende uitgedeel. Maxwell, op ’n tyd Epstein se meisie en later net ’n goeie vriendin, het glo jong meisies vir Epstein gewerf. Van die meisies is seksueel aangerand en aan vriende van Epstein “geleen”.

Giuffre beweer sy het drie keer – op Epstein se versoek – met die prins seks gehad. Prins Andrew ontken dié bewerings van Giuffre.

Dit is net die tweede verpligting wat die prins ná Epstein se dood in Augustus behartig het.

Meer oor:  Prins Andrew  |  Jeffrey Epstein  |  België  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.