Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Prins Charles, Greta ontmoet mekaar op WEF

Twee klimaatsaktiviste van verskillende agtergronde het mekaar Woensdag in Davos, Switserland, ontmoet: prins Charles in sy bekende strepiespak, en Greta Thunberg in haar kenmerkende kappietop.

Dit het gebeur nadat prins Charles aan die afgevaardigdes op die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) gesê het ’n paradigmaskuif is nodig in die manier waarop die wêreld klimaatsverandering pak.

Hy het aangekondig dat hy ’n volhoubare markte-inisiatief bekendstel wat die private en openbare sektore sal saambind om oor te skakel na volhoubare markte.

Prins Charles ontmoet Greta Thunberg op die WEF-beraad in Davos, Switserland. Foto: WEF via AP
Glimlagte oral – prins Charles en Greta Thunberg poseer vir foto’s op die WEF-beraad in Davos. Foto: Clarence House via AP

“Dink net vir ’n oomblik wat al die ekstra rykdom in die wêreld vir sakeondernemings sal beteken as jy niks anders daarmee kan doen nie as om te sien hoe dit in katastrofiese omstandighede verbrand,” het prins Charles gesê.

Terwyl foto’s in ’n kleinerige vertrek geneem is van Charles en Thunberg, het sy aan hom gesê dat hy seker gewoond aan al die kameras is.

“Dit het jare lank gevat om daaraan gewoond te raak,” het Charles geantwoord.

Volgens hom is Thunberg uitsonderlik. “Sy verteenwoordig een van die hoofredes waarom ek al hierdie jare moeite (vir die natuur) doen.

“Ek wil nie hê my kleinkinders moet my eendag daarvan beskuldig dat ek niks betyds probeer doen het nie.” 

- Bronne: BBC, Vanity Fair, verkort en verwerk. 

Meer oor:  Greta Thunberg  |  Prins Charles  |  Wef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.