Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Prins positief vir Covid-19 ná partytjie in Spanje

Koning Philippe van België se susterskind, prins Joachim (28), is positief getoets vir die koronavirus nadat hy uit België na Spanje gereis het vir ’n partytjie.

Die prins het intussen om verskoning gevra omdat hy die inperkingsmaatreëls verbreek het. Hy sê in ’n verklaring hy is “uiters spyt” oor sy optrede en sal die gevolge daarvan dra, berig BBC.

Prins Joachim is positief getoets vir die koronavirus. Foto: Getty Images

Hy het op 26 Mei na Spanje gegaan vir ’n internskap, maar was twee dae later op ’n partytjie in die Spaanse stad Córdoba. Die regulasies in dié stad bepaal dat net 15 mense toegelaat word op ’n byeenkoms, maar hy was glo een van 27 mense by die partytjie.

Die Spaanse polisie het intussen ’n ondersoek na die partytjie begin en kan mense wat die maatreëls oortree het, moontlik met byna €10 000 beboet.

Joachim, prinses Astrid se seun, het matige simptome van Covid-19.

Al 27 mense wat die partytjie bygewoon het, is nou onder kwarantyn, het Rafaela Valenzuela, plaaslike gesant van die Spaanse regering in Cordoba, Saterdag gesê.

Die Independent berig sy het die byeenkoms “heeltemal onverantwoordelik” genoem en gesê dit kon ’n nuwe uitbreking veroorsaak het wat kon lei na die terugkeer van strenger maatreëls.

“Ek is verbaas en kwaad. Veral in dié tyd van nasionale rou oor soveel mense wat dood is, is só ’n voorval verstommend,” het sy gesê.

Soos die Spaanse regering sy inperkingsregulasies verslap, het die polisie al ingegryp by verskeie voorvalle waar mense inperkingsmaatreëls oortree, berig Sky News.

Onder die streng maatreëls wat op 14 Maart afgekondig is, word net volwassenes toegelaat om die huis te verlaat - om kos, medisyne en ander noodsaaklike goedere te koop en om met die honde naby die huis te stap.

Die afgelope weke het maatreëls verslap om kinders buite toe te laat asook mense buite te laat oefen.

Volgens die Johns Hopkins-Universiteit is 27 127 mense al dood aan Covid-19 in dié land en daar is 239 479 bevestigde gevalle.

Meer oor:  België  |  Koronavirus  |  Positief Vir Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.