Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Prins William praat oor Diana se bulimie
Prinses Diana en prins William terwyl sy swanger was met prins Harry. Die foto is uit die prinses se persoonlike fotoalbum geneem. Foto: The Duke of Cambridge and Prince Harry/Kensington Palace via AP

Prins William het vir die eerste keer oor sy ma,Diana, prinses van Wallis, se bulimie gepraat in ’n dokumentêr oor anoreksie. Die ITN-nuusleser Mark Austin het die dokumentêr, Wasting Away: The Truth About Anorexia, vervaardig omdat sy dogter, Maddy (22), aan dié siekte ly.

Volgens die Britse Vogue sal die dokumentêr Donderdagaand op Channel Four in Brittanje uitgesaai word en dit sluit ’n onderhoud met William in.

Daily Mail berig dat William (35) aan Austin geskryf het nadat hy ’n koerantberig deur Austin gelees het waarin Austin praat oor die uitdagings daarvan om met sy “gevaarlik siek” dogter saam te lewe en die familie se stryd om vir haar hulp te kry.

Volgens Vogue vra Austin vir William in die dokumentêr of hy trots is op Diana omdat sy haar gesondheidsprobleme in die openbaar bespreek het toe sy 22 jaar gelede in ’n onderhoud met Martin Bashir oor haar stryd met haar lae selfbeeld en bulimie gepraat het.

“Ek het nie van myself gehou nie, ek was skaam dat ek nie die druk kon hanteer nie,” het Diana in die onderhoud gesê.

Ek het nie van myself gehou nie, ek was skaam dat ek nie die druk kon hanteer nie
Diana, prinses van Wallis

“Ek het vir ’n paar jaar bulimie gehad en dis soos ’n geheime siekte. Dis ’n herhalende patroon wat baie vernietigend is. Dit was my ontsnapping.”

William het volgens Vogue vir Austin gesê dat hy baie trots op sy ma se eerlikheid is.

“Dit is siektes. Geestesgesondheid moet so ernstig soos fisieke gesondheid opgeneem word.”

Die Daily Mail berig dat William in die dokumentêr saam met Austin en Maddy na die BBC-onderhoud met Bashir kyk waarin Diana haar stryd met bulimie in 1995 onthul het.

“Ek is geïnspireer deur wat jou ma gedoen het,” sê Maddy glo vir die prins in die dokumentêr.

Die Daily Mail het transkripsies van die bandopnames gepubliseer wat in 1991 vir die skrywer Andrew Morton opgeneem is met die belofte dat dit nie gepubliseer sal word nie. Die opnames het die boek Diana: Her True Story geword.

In die transkripsie sê sy glo: “Die bulimie het begin die week voordat ons verloof geraak het. My man het sy hand om my middel gesit en gesê: ‘O, ’n bietjie mollig hier, nè?’ En dit het iets in my laat gebeur,” berig Metro.

Prins William het vroeër vanjaar in ’n onderhoud met GQ die eerste keer openlik oor sy ma se dood gesels en het erken hoe dit hom 20 jaar geneem het om haar dood te aanvaar en verwerk.

Meer oor:  Prinses Van Wallis  |  Prins William  |  Diana  |  Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.