Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Priyanka Chopra wys hoe Nieu-Delhi stik

Die Hollywood-ster Priyanka Chopra het Maandag ’n foto op Instagram gedeel waarin sy die aandag vestig op erge besoedeling in die Indiese hoofstad Nieu-Delhi.

Chopra, aktrise en voormalige Mej. Wêreld, was in die stad vir die verfilming van fliek The White Tiger.

Volgens haar inskrywing op Instagram is dit moeilik om die fliek te midde van die lugbesoedeling te verfilm.

“Ek kan my nie eens indink hoe dit moet wees om in dié omstandighede hier te woon nie,” skryf Chopra.

“Ons is geseën met lugsuiweraars en maskers. Bid vir die haweloses. Wees veilig almal.”

Die foto wat wys hoe rookmis geboue in Nieu-Delhi in Indië omhul, is Dinsdag geneem. Foto: Reuters
’n Meisie wag Dinsdag om ’n treinspoor oor te steek in die rookmis wat Nieu-Delhi in Indië omhul. Foto: Reuters

CNN berig die lugbesoedeling is só erg dat die regering skole gesluit het en dat vliegtuie nie kon opstyg nie.

Die gevaarlike deeltjies in die lug in dié stad is volgens die BBC reeds meer as tien keer hoër as wat veilig is.

Owerhede het beperkings op motors ingestel, hoewel sommige landboubedrywighede in die omgewing vir die besoedeling blameer.

Gesondheidswerkers het mense ook gemaan om binnenshuis te bly en nie fisiese aktiwiteite te doen nie, omdat miljoene mense die risiko loop om respiratoriese siektes op te doen.

Maatreëls om inwoners veilig te hou, kan dalk verleng word omdat die hoë vlakke van besoedeling moontlik nog ’n week lank kan voortduur, sê CNN.

Siddharth Singh, ’n inwoner, het aan CNN gesê die lugbesoedeling is vanjaar erger as ander jare. Blykbaar bereik die lugbesoedeling hierdie tyd van die jaar ’n hoogtepunt omdat dit kouer is en boere landerye skoonmaak deur brande.

Die land se hooggeregshof het Saterdag konstruksiewerk in die hoofstad Nieu-Delhi tot Dinsdag verbied omdat lugbesoedeling te gevaarlik vir die publiek geword het. Die foto is Saterdag geneem. Foto: Getty Images
Die Bangladesjiese krieketafrigters, Daniel Vettori, Russell Domingo, voormalige Protea-breier en Neil McKenzie, voormalige Protea-speler, is Vrydag afgeneem met maskers aan tydens ’n oefensessie voor dié land se Twintig20-krieketwedstryd, wat hulle gewen het, Sondag teen Indië in New Delhi. Foto: Reuters

Meer oor:  Nieu-Delhi  |  Lugbesoedeling  |  Priyanka Chopra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.