Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Prokureur van Russiese opposisieleier ondersoek

Rusland het met ’n ondersoek begin teen die prokureur wat die Russiese opposisieleier Aleksei Nawalni se teen-korrupsie-stigting (FBK) in ’n ekstremiste-saak verdedig.

Reuters berig veiligheidsmagte het Vrydag vir Ivan Pavlov (50), een van die land se top-menseregteprokureurs, deursoek en kortliks aangehou voor hy vir ondervraging ingeneem is.

Pavlov se kollegas het op sosiale media gesê veiligheidsmagte het ook sy vrou se huis en sy regspan se kantore in St. Petersburg deursoek.

Die ondersoek volg te midde van grootskaalse druk om bedrywighede van Nawalni se politieke organisasies in Rusland tot ’n einde te bring.

Pavlov is wyd bekend vir sy hoëprofielsake, wat soms polities sensitief is, en mense verdedig wat deur die Russiese regering beskuldig word van onder meer verraad tot spioenasie.

Hy sal ook ’n regspan namens FBK lei in die verhoor waartydens ’n aansoek van ’n Moskou-aanklaer aangehoor word om FBK tot ’n ekstremistiese organisasie te laat verklaar. Die hoofverhoor is vir 17 Mei op die hofrol geplaas.

Pavlov het aan verslaggewers buite ’n hotel in Moskou gesê hy is as ’n verdagte ondervra en word daarvan beskuldig dat hy vertroulike inligting uitgelek het oor ’n deurlopende ondersoek teen een van sy kliënte, Ivan Safronof, ’n voormalige joernalis.

Dmitri Katchef, een van Safronof se prokureurs, het gesê die ondersoek teen Pavlov veroorsaak druk aangesien Pavlov se loopbaan hieroor in die weegskaal kan hang. Indien hy skuldig bevind word aan die pleeg van ’n doelbewuste misdaad kan sy status as prokureur opgeskort word.

Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, het by navraag gesê hulle het geen inligting oor die ondersoek teen Pavlov nie.

Die ondersoekspan in die saak wou nie kommentaar lewer nie. – Reuters

https://www.reuters.com/world/europe/lawyer-defending-russian-dissident-navalnys-group-detained-colleague-2021-04-30/

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.