Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pulitzer-joernaliste se appèl teen oplegging verwerp

Die twee joernaliste van Reuters wat in Mianmar tot sewe jaar tronkstraf gevonnis is, se appèl is van die hand gewys. Hulle het volgens die hoogste hof in die land die wet op amptelike geheime oortree.

Sonder om redes te gee, het regter Soe Niang die appèl verwerp.

FILE PHOTO: Detained Reuters journalist Kyaw Soe O
Kyaw Soe Oo (voor) en Wa Lone (agter) word deur polisie by die hof in Yangon uitgelei. Foto: Reuters

Die joernaliste, Kiaw Soe Oo en Wa Lone, is al 16 maande lank in die tronk nadat hulle in hegtenis geneem is terwyl hulle ondersoek gedoen het na die moord op tien Rohingia-Moslem-mans en -seuns.

Hul beriggewing het verlede week die Pulitzer-prys vir internasionale verslaggewing gekry.

Gail Gove, die twee se regsverteenwoordiger, het aangevoer hulle is deur die polisie vals beskuldig omdat hulle hul eerlike verslaggewing wou stilmaak.

Die Mianmese regering wou nie kommentaar lewer nie.

Knut Ostby, die Verenigde Nasies (VN) se verteenwoordiger in Mianmar, sê die VN sal voortgaan om te vra vir respek vir die vryheid van die pers en menseregte.

“Wa en Kiaw behoort toegelaat te word om na hul familie en werk terug te gaan.”

Shawn Crispin, verteenwoordiger van die komitee om joernaliste in Suidoos-Asië te beskerm, sê Mianmar het “onafhanklike joernalistiek gekriminaliseer”.

Die ondersoek waaraan die twee joernaliste gewerk het toe hulle in hegtenis geneem is, het die veiligheidsmagte van Mianmar se deelname aan moord, brandstigting en plundery aan die lig gebring. Dit is deur kollegas voltooi en in 2018 gepubliseer. Dit is verlede week met die Pulizer-prys bekroon – die hoogste internasionale eer vir joernaliste.

VN-ondersoekers sê topamptenare in die weermag moet vervolg word vir misdade teen die mensdom en volksmoord weens hul sterk ingryping teen die Rohingya-Moslems ná militante aanvalle in die weste van die land. – Reuters

Meer oor:  Mianmar  |  Wêreld  |  Tronkstraf  |  Vonnisoplegging  |  Joernaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.