Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Raab staan in vir Boris

Die Britse regering het gerugte ontken dat Boris Johnson, premier, op ’n ventilator in die hospitaal is.

Hy ontvang wel “suurstofhulp” in die waaksaal.

Johnson is Sondag in die hospitaal opgeneem nadat hy tien dae tevore positief getoets is vir die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Hy het ná tien dae in selfisolasie steeds simptome van die siekte getoon. Hy is Maandag na die waaksaal in die St. Thomas-hospitaal in Londen verskuif.

Michael Gove, minister van die kabinetskantoor, sê hy is op suurstof en “word natuurlik fyn dopgehou”. Hy het op die vraag of gerugte waar is dat Johnson ook longontsteking het, geantwoord hy is nie bewus daarvan nie.

Johnson was steeds in beheer van die regering nadat hy Sondag opgeneem is, maar Gove­ het gesê Dominic Raab, minister van buitelandse sake, sal as premier waarneem.

Dominic Raab, Britse minister van buitelandse sake en nou waarnemende premier, gisteroggend in Downingstraat, Londen. Foto: APs

Geen besluite oor inperkings of ander maatreëls teen die siekte sal weens Johnson se toestand op die lange baan geskuif word nie, sê Gove. Die kabinet gaan soos gewoonlik voort met sy werk en “volg die plan wat die premier uiteengesit­ het”.

Pres. Cyril Ramaphosa het Johnson gister ’n spoedige herstel toegewens.

Raab (46) het Johnson verlede jaar teengestaan vir die Konserwatiewe Party se leierskap, maar het halfpad deur die wedloop uitgeval. Hy het daarna sy steun aan Johnson toegesê en is in die kabinet aangestel toe eersgenoemde premier geword het.

Hy het sy gewig ingegooi by die veldtog om Brittanje aan die Europese Unie (EU) te laat onttrek.

Hy is die seun van Tsjeggies gebore Jode wat in 1938 na Engeland gevlug het. Hy het ’n regsgraad aan die Universiteit van Oxford verwerf. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Hospitaal  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.