Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Raad bekragtig Facebook, Instagram se verbod op Trump

Die verbod wat Facebook en Instagram op oudpres. Donald Trump van Amerika geplaas het, is deur Facebook se toesigraad bekragtig.

Oudpres. Donald Trump Foto: Reuters

Dit het egter die onbepaalde aard van die verbod gekritiseer as bó die trefwydte van Facebook se normale strawwe.

Dit het aan Facebook opdrag gegee om die besluit te hersien en om “ ’n reaksie te motiveer wat binne verhouding is” en op almal van toepassing is, insluitend gewone gebruikers.

Trump is van albei sosialemediaplatforms verban nadat die Amerikaanse kongresgebou in Januarie bestorm is.

Die toesigraad het gesê die aanvanklike besluit om Trump permanent te skors was “onbepaald en sonder maatstaf”, en dat die korrekte reaksie “konsekwent moet wees met die reëls wat van toepassing is op ander gebruikers van sy platform”.

CNN berig Facebook het nou ses maande vanaf Woensdag om te besluit oor Trump se lot. Wanneer hy dié besluit neem, moet die maatskappy sy eie reëls volg ten opsigte van watter strawwe opgelê kan word, het die raad gesê.

Die raad het ook ’n aantal aanbevelings gedoen oor hoe Facebook sy beleid behoort te verbeter en die sosialemediaplatform het belowe om dit “versigtig te hersien”.

Trump het die besluit en sy verbanning oor die tegnologiese platforms heen as ’n “totale skande” afgemaak en gesê dat die maatskappye die “politieke prys” sal betaal, berig Reuters.

Intussen het Trump, wat ook vanaf Twitter verban is, ’n nuwe webwerf begin om sy ondersteuners op hoogte te hou oor sy doen en late.

Die langverwagte besluit deur die raad is fyn dopgehou vir tekens oor hoe die wêreld se grootste sosialemediamaatskappy in die toekoms politici sal hanteer wat die reëls verbreek – ’n omstrede gebied vir aanlyn platforms. BBC, Reuters, CNN




Meer oor:  Donald Trump  |  Raad  |  Verbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.