Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ramaphosa: ‘G7, help ons om vooruitgang vol te hou’

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag saam met die leiers van die G7-beraad in Frankryk vergader om kwessies van ongelykhede in die wêreldekonomie te bespreek en Suid-Afrika as ’n beleggingsvennoot te bemark.

Ramaphosa het Sondag in Biarritz in die suidweste van Frankryk aangekom vir die beraad waar die leiers van Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Amerika, die Verenigde Koninkryk en Kanada die wêreldekonomie, politiek en gemeenskaps- en veiligheidskwessies bespreek.

Hierdie leiers ontmoet jaarliks vir besprekings en pres. Emmanuel Macron van Frankryk het Ramaphosa dié jaar genooi om saam met hulle te vergader. Suid-Afrika is verlede jaar ook uitgenooi, ná ’n afwesigheid van sewe jaar.

Volgens Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het Ramaphosa ten doel om ekonomiese vennote in ontwikkelde lande te identifiseer en Suid-Afrika as ’n beleggingsbestemming en ’n handelsvennoot te bemark om die ekonomie te laat groei en die werkloosheidsyfer te verminder.

G7, Ramaphosa, Macron
Pres. Cyril Ramaphosa groet pres. Emmanuel Macron van Frankryk by die G7-beraad. Foto: Reuters

Ramaphosa beklemtoon die voordele van die vryehandelsooreenkoms vir die vasteland wat aanvanklik verlede jaar deur 27 lede van die Afrika Unie (AU) onderteken is en tans die steun van 54 lande op die vasteland geniet. Ramaphosa sê die fokus moet op vroulike entrepreneurskap en digitale transformasie wees, terwyl die groot struikelblok korrupsie is.

Hy benadruk dat Afrika ondersteuning nodig het wat infrastruktuurontwikkeling betref. “Afrika het vennote nodig wat gaan help om die vooruitgang wat gemaak is vol te hou.”

Cyril Ramaphosa, G7
Pres. Cyril Ramaphosa Sondag aan die woord by die G7-beraad. Foto: Die Presidensie

Ramaphosa sê die fokus van Afrika-ontwikkeling moet op vroue en kinders wees omdat hulle kwesbaar is en dikwels afgeskeep word.

Hy het ook oor die ongelykheid tussen Afrika-lande en ontwikkelde lande gepraat. Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, het Ramaphosa op die beraad vergesel.

Cyril Ramaphosa, G7
Ramaphosa het Suid-Afrika as beleggingsvennoot bemark. Foto: Die Presidensie

Die beraad is in drie dele verdeel: G7 en die Afrika-vennootskap, wat Suid-Afrika, Rwanda, Egipte, Burkina Faso, Senegal en die voorsitter van die Afrika-unie insluit. Dan is daar ook die G7 en die vier Biarritz-vennote wat Suid-Afrika, Indië, Australië en Chili insluit. Die derde afdeling is die G7-beraad en al sy vennote.

Meer oor:  Frankryk  |  G7  |  Cyril Ramaphosa  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.