Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ramaphosa tot Sondag by G7-beraad in Cornwall

Pres. Cyril Ramaphosa sal van Vrydag af ’n beraad bywoon wat deur die leiers van die G7-lande gehou word.

Die presidensie het Donderdag in ’n verklaring gesê Ramaphosa sal tot Sondag die beraad, wat in Cornwall in Brittanje aangebied word, bywoon.

Die G7 is sewe van die grootste sogenaamde gevorderde ekonomieë ter wêreld. Die lande is Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State.

Ramaphosa is by die beraad op uitnodiging van die Britse premier, Boris Johnson.

“Die beraad bring leiers byeen om te praat oor pogings om die Covid-19-pandemie te beëindig en ’n groener en welvarender toekoms vir almal te skep,” lui die verklaring.

Ramaphosa is uitgenooi om erkenning te gee aan die leiersrol wat Suid-Afrika op die vasteland en wêreldwyd in die stryd teen die pandemie speel, insluitend die regverdige verspreiding van entstowwe.

Volgens die presidensie sal Ramaphosa aan drie werksessies deelneem, naamlik gesondheid, oop samelewings en ekonomieë, asook klimaat en natuur.

Ramaphosa word van dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, vergesel.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  G7-Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.