Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rand ge-Brexit?

Kaapstad. – Suid-Afrika se banke en finansiële instellings is goed geplaas om finansiële skokke – soos die besluit deur Brittanje om hom van die Europese Unie (EU) te onttrek – te hanteer.

Só het Pravin Gordhan, minister van finansies, gistermiddag in ’n oudioverklaring gesê.

Suid-Afrika is ook vol vertroue dat die land se finansiële stelsels, insluitend die banke en reguleringsraamwerk waaronder dit funksioneer, “uiters veerkragtig en betroubaar” is.

Gegewe die grootte van die ekonomieë van Brittanje en die EU en Suid-Afrika se bande daarmee, is dié besluit deur die Britse publiek ’n “baie belangrike een” wat gevolge vir daardie wêrelddeel, sowel as Suid-Afrika, kan inhou, sê Gordhan.

Hy sê ook daar moet onthou word dit sal Brittanje en die EU sowat twee jaar neem om finaal van mekaar geskei te word.

“Ons het gesien dat geldeenhede baie wisselvallig geraak het, die rand het gedaal en die markte van die Londense aandelebeurs het baie geld verloor.

“Dit was alles in reaksie op die besluit wat in Brittanje geneem is. Die handelsbande tussen Suid-Afrika, die EU en Brittanje is egter redelik sterk en op soliede ooreenkomste gegrond.

“Ons het ’n tweejaar-periode waarin veranderings aan ooreenkomste en verdrae gemaak kan word.”

Die nasionale tesourie en die Reserwebank het volgens Gordhan gisteroggend vergader en Suid-Afrika sal die gebeure en die gevolge van die besluit fyn dophou en Suid-Afrikaners van die verwikkelinge en enige implikasies op die hoogte hou.

Die monitering van die proses en gebeure sal tot aanstaande week voortduur.

Hy sê ook dit is nou die tyd dat die pogings wat die regering, sakelui en arbeid in plek geplaas het om afwaartse kredietgradering te voorkom, onverpoosd moet voortgaan.

Dit is om te verseker dat Suid-Afrika die “ekonomie kollektief stabiliseer; weer finansiële markte verseker; vertroue inspireer onder Suid-Afrikaners en onder diegene wat daarin belang stel om in Suid-Afrika te belê; en dat ons inderdaad ’n land is waarin daar aan die een kant veerkragtige instellings is en dat ons as ’n land oop is vir besigheid”.

“Die soort samewerking wat ons as land gesien het tussen die regering, sakelui en arbeid om groei weer aan die gang te kry, moet voortduur met ’n groter mate van dringendheid. Dit is krities om die omgewing te stabiliseer wat ook al in die Europese konteks mag gebeur,” sê Gordhan.

Die presidensie het op sy beurt daarop gewys dat dit twee jaar gaan neem om institusionele veranderings te onderhandel en dat die land verbind bly tot sterk handel en finansiële verhoudinge tussen Brittanje en die EU.

Meer oor:  David Cameron  |  Europese Unie (Eu)  |  Brittanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.