Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kyk: Redders uit Sirië gered

Israel het in ’n internasionale humanitêre operasie onder leiding van die Verenigde Nasies gehelp om 422 Siriërs, onder wie lede van die Wit Helms, ’n reddingsgroep, na Jordanië te ontruim, berig CNN.

Volgens die BBC is hulle uit die suidweste van die land ontruim voor die aanslag van die Siriese regering van pres. Basjar al-Assad en sy Russiese vennote om grondgebied te probeer herower waar die rebellie teen Al-Assad in 2011 begin het.

Israeliese soldate maak Sondag reg om op 'n bus te klim en te help met die onttrekking van die sogenaamde Wit Helms uit Sirië. Foto: Reuters

“Dit was ’n nag van die redding van die redders,” het ’n persoon na aan die operasie aan die Amerikaanse radiostasie NPR gesê.

Die vlugtelinge is oornag deur die Golan-hoogland, wat deur Israel beheer word, na Jordanië geneem. Meer as 3 000 lede van die groep is steeds in Sirië.

Die Wit Helms is ’n burgerlike groep in Sirië wat deur Amerika, Brittanje en ander lande ondersteun word om slagoffers in die oorloggeteisterde gebiede in Sirië te help en in veiligheid te bring.

Hulle sal drie maande in Jordanië bly voordat hulle in Kanada, Brittanje en Duitsland hervestig word.

“Hulle het te midde van groot gevaar meer as 115 000 Siriërs in die konflik gered,” het die Britse regering gesê.

'n Israeliese soldaat deel water uit op 'n bus. Foto: Reuters

Meer oor:  Sirië  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.