Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pogings duur voort om seun (2) uit put te red

Twee dae nadat ’n tweejarige seun in ’n waterput van meer as 100 m diep in ’n plattelandse dorp in Spanje geval het, het reddingswerkers nog geen sukses behaal om hom uit te kry nie.

Die opening van die put is volgens mediaberigte tussen 25 cm en 30 cm wyd, te klein vir ’n volwassene om in te pas.

Reddingswerkers werk in aller yl om die peuter, wat slegs as Yulen bekend is, onder in die put te vind.

CBS News berig ’n tonnel word nou langs die put gegrawe in ’n poging om die bodem daarvan te bereik.

Reddingswerkers probeer hul bes om nie die opening van die put te versper nie.

’n Videokamera is in die put laat sak, maar daar was geen beeld of klank van die kind nie.

Slegs ’n lekkergoedpakkie wat Yulen voor sy verdwyning by hom gehad het, is gesien.

Reddingswerkers op die toneel waar ’n tweejarige seun in ’n put geval het. Foto: AP

Die reddingspan het Maandagaand ’n suigmasjien gebruik om grond en modder uit die put te verwyder, berig die BBC, maar harde rotse het verhinder dat dit dieper as 80 m kon sak. Hulle hoop die nuwe tonnel wat nou gegrawe word, sal die reddingspan in staat stel om die put dieper as 80 m te bereik.

Die put is ’n maand vantevore naby die dorp Totalan in die provinsie Malaga geboor op soek na water. Dit is nooit daarna omhein of toegemaak nie.

Volgens plaaslike mediaberigte het reddingswerkers op die toneel gesê die soektog sal voortduur totdat die seun gevind word.

Yulen het in die put geval terwyl sy ouers Sondagmiddag by familievriende daar naby gekuier het.

Terwyl die soektog voortduur, word die getraumatiseerde paar in ’n tent naby die toneel gehuisves, het Channel News Asia berig. Hul eerste seun, Oliver, is in 2017 aan ’n hartaanval dood toe hy drie jaar oud was.

Meer oor:  Spanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.