Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
OORSIG Ondersoek na Trump-belange nou moontlik
  • Die Amerikaanse kongres bestaan uit twee huise: die huis van verteenwoordigers en die senaat.
  • Al 435 setels in die huis van verteenwoordigers is verkiesbaar, waar lede elke twee jaar verkies word.
  • Van die 100 setels in die senaat is 35 setels vanjaar verkiesbaar.
  • Lede van die senaat se termyn is ses jaar en die verkiesing van dié setels is so saamgestel dat nie al 100 senators elke ses jaar vervang word nie.
  • Die Demokratiese Party het beheer oor die huis van verteenwoordigers gekry, maar die Republikeinse Party hou steeds die mag in die senaat. Die Demokrate kan weens hul oorheersing in die huis van verteenwoordigers nou pres. Donald Trump se buitelandse beleid in 'n ander stuur en ook ondersoek laat instel na sy belastingopgawes. 

Lees ook:

Referendum oor Trump

 'Vir watter VSA wil jy stem?'
07 Nov. 11:48:09

'n Lys van die diverse groep politici wat verkiesingsukses behaal het. 

Lees meer hier.
07 Nov. 11:43:33

Die Demokrate het nou 222 setels in die huis van verteenwoordigers verower teenoor 199 vir die Republikeinse Party, berig CNN. 

Klik hier om meer te lees.
07 Nov. 11:37:46

Van die 36 staatsgoewerneursposte wat verkiesbaar was, het die Republikeine 16 ingepalm en die Demokrate 13, berig SkyNews. 

07 Nov. 11:31:12

Toenemende steun van vroue, veral jong en Spaans-Amerikaanse vroue, het aan die Demokrate die stukrag gee om weer beheer oor die huis van verteenwoordigers te neem, volgens 'n Reuters/Ipsos-peiling, berig Reuters. 


07 Nov. 11:25:57

Die nuwe magsbalans in die huis van verteenwoordigers kan pres. Donald Trump se buitelandse beleid onder hersiening bring, berig Reuters. Só kan die Demokrate vra vir taaier betrekkinge met Rusland, Saoedi-Arabië en Noord-Korea, berig Reuters. 


07 Nov. 11:21:16

Met die Demokrate wat weer die beheer oor die huis van verteenwoordigers geneem het, stel dit is Demokratiese Party in staat om ondersoek in te stel na pres. Donald Trump se belastingopgawes, moontlike botsing van belange en die beweerde betrokkenheid van Rusland by Trump se veldtog in 2016 om die Amerikaanse presidentskap. 


07 Nov. 11:09:42

Deb Haaland, die eerste vroue-boorling wat tot die Amerikaanse huis van verteenwoordigers verkies isd, reageer toe dit bekend word dat nog 'n vroue-boorling, Sharice Davids van Kansas, ook gekies is. Foto: Reuters


07 Nov. 10:54:24

In die huis van verteenwoordigers is 412 van die 435 setels reeds verklaar. Die Demokratiese Party het tans 219 verteenwoordigers in die huis teenoor die 193 van die Republikeinse Party. 

07 Nov. 10:52:04

96 van die 100 setels in die senaat is reeds verklaar. 51% van die setels is in Republikeinse hande, 43 in Demokratiese hande en 2% in ander partye se hande. 


CNN voorspel dat 96 vroue - 'n rekord - tot die huis van verteenwooordigers verkies gaan word.

Meer oor:  Donald Trump  |  Vsa-Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.