Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
OORSIG: Laaste afskeid van Ysterhertog

Prins Philip, die hertog van Edinburg, is vandag in Windsor ter ruste gelê.

  • Prins Philip se kis is met ’n aangepaste Land Rover van die staatsingang van die Windsor-kasteel na die St. George-kapel gebring.
  • Sy kinders, kleinkinders, skoonseun en ander familie het agter die kis na die kapel gestap.
  • Weens die koronaviruspandemie is net 30 gaste in die kapel toegelaat (die leraars uitgesluit).
  • Philip het sy begrafnisdiens sorgvuldig beplan, aanpassings moes weens die pandemie gemaak word, maar die koningin het aan sy wense vir die Skriflesing, gesange en musiek voor die diens gehoor gegee.
  • Justin Welby, die aartsbiskop van Kantelberg, het melding gemaak van Philip se onfeilbare steun aan die koningin tydens hul huwelik van 73 jaar.
  • ’n Minuut van stilte is voor die diens landwyd in Brittanje eerbiedig.
  • Koningin Elizabeth moes alleen in die kapel sit weens die inperkingsmaatreëls.
  • Die gaste het in twee groepe in die koorgedeelte van die kapel gesit met die nodige fisieke afstand tussen hulle.
  • Prins William en sy broer, prins Harry, het aan verskillende kante van die kapel, maar oorkant mekaar, gesit.

17 Apr. 16:53:19

Die diens is verby. Koningin Elizabeth word na haar Bentley gebring.

17 Apr. 16:53:11

Koningin Elizabeth sit op haar eie in die koor. Omdat sy en Philip saam in ’n borrel in die Windsor-kasteel gewoon het, mag geen ander familie naby haar sit nie. Die familielede moet ook 2 m uitmekaar sit, behalwe vir paartjies soos prins William en Catherine, hertogin van Cambridge. Foto: Reuters

17 Apr. 16:52:49

Prinse William en Harry sit oorkant mekaar in die koorgedeelte.

Die koningin sit ingevolge die inprkingsmaatreëls op haar eie.

In dieselfde ry sit prins Andrew, prinses Anne en haar man, sir Tim Laurence.

Prins Harry sit weer 2 m weg van Laurence.

In die oorkantste koorgedeelte sit prins Charles reg oorkant sy ma, met langs hom sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall.

Prins Edward, sy vrou, Sophie, gravin van Wessex, en hul twee kinders, lady Louise Windsor en James, burggraaf Severn.

’n Ry is oopgelos tussen dié ry en die agterste ry waar prinses Beatrice, haar man, Edoardo Mapelli Mozzi, prinses Eugenie en haar man, Jack Brooksbank sit.

17 Apr. 16:29:28

Die kis is tot voor in die kapel gedra. Foto: Reuters

17 Apr. 16:09:30

Die begrafnisdiens begin met 'n koor van slegs vier lede weens die inperkingsmaatreëls.

17 Apr. 16:09:21

'n Duidelik bedroefde prins Charles. Foto: Reuters

17 Apr. 16:09:09

Prins William en prins Harry. Foto: Reuters

17 Apr. 16:08:50

Koningin Elizabeth Foto: Reuters

17 Apr. 16:05:28

Prins Charles en prinses Anne, gevolg deur prins Andrew en prins Edward, stap agter hul pa se kis. Foto: Reuters

17 Apr. 16:05:03

Prins Philip se kis kom aan by die westelike trappe van die St. George-kapel. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.