Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
REGSTREEKS: Boris nié by prins se begrafnis

Prins Philip, 99-jarige eggenoot van koningin Elizabeth, is Vrydagoggend vreedsaam in die Windsor-kasteel dood. Philip sal eerskomende Saterdag om 15:00 Britse tyd begrawe word. Volg ons regstreekse dekking hier.

LEES OOK: 

10 Apr. 21:19:52

Boris gaan nie begrafnis bywoon nie

Boris Johnson, Britse premier, sal nie prins Philip se begrafnis bywoon nie, het 10 Downing Street Saterdagaand bekend gemaak.

Die premier doen dit om meer lede van die koninklike familie toe te laat om die begrafnis by te woon.

Die Britse premier en oudpremiers woon gewoonlik die begrafnisse van senior koninklikes by.

Volgens inperkingsmaatreëls mag slegs 30 gaste ’n begrafnis bywoon.

10 Apr. 20:43:59

10 Apr. 20:43:10

Buckingham-paleis se verklaring oor prins Philip se begrafnisdiens. 

10 Apr. 20:37:32

10 Apr. 19:07:50

10 Apr. 18:29:21

Harry kom, Meghan kom nie

Buckinghampaleis het Saterdagaand bevestig dat prins Harry na Brittanje sal reis vir die begrafnis van sy oupa, prins Philip.

Meghan, die hertogin van Sussex, sal op mediese aanbeveling nie saam met Harry na Brittanje reis nie.

Meghan is hoogswanger met haar en Harry se tweede kind, ’n dogtertjie.

Harry sal vir vyf dae ná sy aankoms homself moet isoleer, maar kan ná ’n negatiewe koronavirustoets hom by sy familie aansluit.

Dit sal die eerste keer wees dat Harry sy familie sien ná sy en Meghan se opspraakwekkende onderhoud met Oprah Winfrey.

Die Sussexe het tydens die onderhoud die monargie van institusionele rassisme beskuldig.

Harry het vir Winfrey – nie tydens verfilming nie – verseker dat dit nie sy ouma of oupa was wat melding van die moontlike velkleur van Harry en Meghan se kinders gemaak het nie.

10 Apr. 18:22:45

Prins Philip op 17 April begrawe; Harry kom na begrafnis

Prins Philip sal Saterdag 17 April om 15:00 (Britse tyd) uit die St. George-kapel in die Windsor-kasteel begrawe word, het Buckinghampaleis aangekondig.

Die prins sal, soos dit sy wens was, nie in staatsie lê nie.

Sy kis sal van die staatsingang van die kasteel na die westelike trappe van die kapel op ’n aangepaste Landrover – wat hy ontwerp het – vervoer word.

Van die koninklike familielede, onder andere prins Charles, sal agter die kis aanstap.

Die koningin sal per motor van haar wooneenheid op die kasteelgronde na die kapel gebring word. 

Geen lede van die publiek sal tydens die begrafnisdiens toegang tot die kasteelgronde hê nie.

Die prins sal nie in Frogmore-tuine se begraafplaas begrawe word nie, maar sy kis sal ná die diens in die koninklike grafkelder onder die abdy gestoor word.

Die prins sal na verwagting ná die afsterwe van koningin Elizabeth saam met haar in die koning George VI-kapel in die abdy begrawe word.

Die gastelys vir die begrafnis sal Donderdag bekend gemaak word. 


10 Apr. 18:20:55

Prins Philip sal volgende Saterdag uit die St. George-kapel in Windsor-kasteel begrawe word. Foto: Getty Images 

10 Apr. 18:11:26

Prins Philip op 17 April begrawe

Prins Philip sal soos verwag volgende Saterdag, 17 April, om 15:00 die middag (Britse tyd) uit die St. George-kapel in die Windsor-kasteel begrawe word, het Buckinghampaleis aangekondig.

Die prins sal soos dit sy wens was nie in staatsie lê nie. Sy kis sal die kort afstand van Windsor-kasteel na die St. George-kapel gebring word. Lede van die koninklike familie, onder andere prins Charles, sal agter die kis aanstap. Die koningin sal per motor van haar wooneenheid binne op die kasteelgronde na die kapel gebring word. 

Sy kis sal ook op 'n aangepaste Land Rover na die kapel vervoer word.

Geen lede van die publiek sal tydens die begrafnisdiens toegang tot die kasteelgronde hê nie.

Die prins sal nie in Frogmore-tuine se begraafplaas begrawe word nie, maar sy kis sal ná die diens in die koninklike grafkelder onder die abdy gestoor word. 

Die prins sal na verwagting ná die afsterwe van die koningin Elizabeth saam met haar in die koning George VI-kapel in die abdy begrawe word. 

10 Apr. 18:02:56

Meer oor:  Prins Philip  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.