Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Regterhand van Abe kan hom dalk opvolg
Die Japanse kabinetsekretaris en hoofwoordvoerder van die regering, Yoshihide Suga, verlede week o ’n nuuskonferensie in Tokio. Foto: Reuters

Die regerende party in Japan trek blykbaar toutjies om te verseker dat Sjinzo Abe, uittredende premier, se regterhand by hom oorneem.

Abe het Vrydag aangekondig hy gaan om gesondheidsredes uittree.

Die party, die LDP, het Dinsdag besluit dat net die topstruktuur oor sy opvolger as partyleier – en gevolglik premier van die land – sal stem. In die verlede kon streekverteenwoordigers ook stem.

Dit sal Josjihide Soega, hoofwoordvoerder van die regering, se hand as kandidaat beslis sterk.

Hy het reeds die steun van die grootste faksie in die LDP.

Josjihide SoegaFoto: Reuters

Soega (71) het nog nie sy kandidatuur aangekondig nie, maar ’n senior partybron het aan Reuters gesê hy is van plan om wel as partyleier te staan. Hy sal dit waarskynlik vandag aankondig.

Soega behoort die koers vol te hou wat Abe ingeslaan het, insluitend die ekonomiese beleid wat as “Abenomics” bekend staan.

Abe het hom in 2012 gekies as sy hoof-kabinetsekretaris – basies sy regterhand wat ook namens die regering praat en wat regeringsbeleid moet koördineer.

Sy grootste teenstanders is die voormalige minister van verdediging Sjigeroe Isjiba en die voormalige minister van buitelandse sake Foemio Kisjida.

Albei het gister hul kandidatuur bekend gemaak.

Taro Kono, huidige minister van verdediging, het besluit om homself nie verkiesbaar te stel nie. – Reuters

Meer oor:  Sjinzo Abe  |  Josjihide Soega
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.