Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Reisborrel tussen Nieu-Seeland, Australië ingestel
Inwoners van Auckland in Nieu-Seeland draf verby ’n Covid-19-kennisgewing. Nieu-Seeland en Australië sal vanaf 19 April ’n reisborrel in werking stel. Foto: Reuters

Nieu-Seeland en Australië sal vanaf 19 April ’n reisborrel teen Covid-19 in werking stel.

Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, het Dinsdag gesê dat Australiërs nou vrye toegang sal hê en oor die grens kan reis sonder verpligte Covid-19-toetsing – een van die eerste sodanige ooreenkomste tussen lande sedert die aanvang van die pandemie.

Die oorgrote meerderheid Australiese state volg maande lank al ’n soortgelyke beleid met besoekers vanuit Nieu-Seeland.

“Die Trans-Tasman-reisborrel is die begin van ’n nuwe hoofstuk in ons Covid-19-reaksie en herstel, een waaraan mense hard gewerk het,” het Ardern aan verslaggewers in die Nieu-Seelandse hoofstad, Wellington, gesê.

Scott Morrison, Australiese premier, het die ooreenkoms tussen die twee lande as “die eerste stap van vele wat moet kom”, beskryf.

Die virus is in effek in albei lande uitgeroei, met geringe uitbrekings onder reisigers wat uit kwarantyn terugkeer.

Australië het sedert die aanvang van die pandemie ongeveer 29 400 virusgevalle en 909 sterftes aangemeld.

Australië het sedert die aanvang van die pandemie ongeveer 29 400 virusgevalle en 909 sterftes aangemeld, terwyl Nieu-Seeland net meer as 2 100 bevestigde gevalle en 26 sterftes gehad het.

’n Man van Papoea-Nieu-Guinee is in ’n Australiese hospitaal dood, het die owerhede Dinsdag gesê, maar sy dood is nie in Australiese statistieke aangeteken nie, aangesien hy in sy vaderland gediagnoseer is.

“Toerisme-ondernemings kan nou met selfvertroue besprekings doen en hul personeel vergroot,” het Chris Roberts, die uitvoerende hoof van die toerismebedryfsliggaam Aotearoa, ná die aankondiging van ’n reisborrel gesê.

Ardern het egter gewaarsku dat vlugte enige tyd opgeskort kan word in die geval van ’n uitbreking. Sy het bygevoeg dat reisigers steeds hul maskers op vlugte moet dra en kontaknasporing in Nieu-Seeland onderneem.

Die lugdienste Air New Zealand en Qantas beoog om vlugte tussen Australië en Nieu-Seeland tot meer as 70% van die vlakke voor die pandemie te verhoog.

Die Trans-Tasmaniese Superrugby-kompetisie, waarby vyf spanne van elke land betrokke is, sal met die aankondiging van die reisborrel vanaf 14 Mei voortgesit word.

Die Wellington Phoenix-sokkerspan en die New Zealand Warriors-rugbyligaspan, wat albei aan oorwegend Australiese ligas deelneem, sal nou ook op hul tuisvelde wedstryde kan aanbied nadat hulle vir meer as ’n jaar uitsluitlik in Australië gespeel het.

Reuters


Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland  |  Australië  |  Toerisme  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.