Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Reisnotas wys Einstein was ‘rassisties en xenofobies’

Pas gepubliseerde private reisdagboek-inskrywings onthul glo Albert Einstein se rassistiese en xenofobiese sienings.

BBC berig dat die inskrywings tussen Oktober 1922 en Maart 1923 Einstein se reise in Asië en die Midde-Ooste volg.

Hierin maak hy gewaagde en negatiewe veralgemenings deur byvoorbeeld die Chinese “hardwerkende, vuil, onnosele mense” te noem.

Albert Einstein

Einstein, ’n burgerregteaktivis in Amerika, het na rassisme as ’n “siekte van wit mense” verwys.

Dit is die eerste keer dat die dagboek, The Travel Diaries of Albert Einstein: The Far East, Palestine and Spain, 1922-1923, wat deur Princeton University Press uitgegee word, in ’n alleenstaande Engelse volume gepubliseer word.

Hy het van Spanje na die Midde-Ooste, via Sri Lanka (destyds Ceylon), tot in China en Japan gereis.

Die fisikus het sy aankoms in Port Said in Egipte só beskryf: “Levantyne van elke kleur . . . asof hulle uit die hel gespoeg is.”

’n Inskrywing oor sy tyd in Colombo in Ceylon lui: “Hulle woon in groot gemors en daar is ’n erge stank op die grond, hulle doen min en het min nodig.”

Die BBC berig dat die inskrywings moontlik private gedagtes was, maar dat dié publikasie sommige Amerikaanse stryders, wat meen Einstein het gehelp om segregasie onder die soeklig te plaas, mag ontstel.

Meer oor:  Albert Einstein  |  Rassisties  |  Reisnotas  |  Xenofobies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.