Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rekenaar werk ná drie dekades nog

’n Man van New York was verbaas toe hy die naweek sy 30-jarige Apple IIe-rekenaar aanskakel en vind dit werk nog.

CNN berig John Pfaff het Saterdag nostalgies geraak oor sy kinderdae en toe besluit om die rekenaar uit die solder van sy ouers se huis te gaan opdiep.

Pfaff het foto’s van dié rekenaar op sy Twitter-rekening gedeel.

“Ek het ’n ou speletjie-kasset ingesit en die rekenaar het my gevra of ek ’n gestoorde speletjie wil oproep, en dit het een gekry,” skryf Pfaff.

“Dit voel of ek weer tien jaar oud is!”

WCVB berig die Apple IIe was die derde model van Apple se II-reeks wat in 1983 bekend gestel is.

Wat dié rekenaar in daardie jare besonders gemaak het, was dat dit gebruik kon maak van hoof- én kleinletters. Verder het die rekenaar volle gebruik gehad van die shift- en caps lock-sleutels.



In 1993 het Apple produksie van die IIe gestaak.

Pfaff het op sy rekenaar ’n gestoorde speletjie van Adventureland, ’n woordopdrag-speletjie, herroep.

“Dit was ’n bietjie moeilik, want ek kon nie onthou waar ek laas opgehou speel het nie,” sê Pfaff.

Buiten vir nog speletjies wat Pfaff ontdek het, het hy ook afgekom op ou hoërskool-werktake en ’n nota van sy oorlede pa.

“Ek het hierdie brief, wat hy in 1986 vir my getik het, ontdek. Ek was 11 jaar oud en op ’n somerkamp. Hy is amper ’n jaar gelede dood. Dit is ongelooflik om op iets so 'alledaags' van hom af te kom,” sê Pfaff.

Meer oor:  New York  |  Rekenaar  |  Apple
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.