Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Republikeine skop Liz Cheney uit oor Trump-kritiek

Die Amerikaanse Republikeine se huis van verteenwoordigers het Liz Cheney Woensdag uit hul leierskap verwyder om haar te straf omdat sy oudpres. Donald Trump se standpunt dat verlede jaar se verkiesing ’n bedrogspul was, verwerp het.

Sy het dit ’n “groot leuen” deur Trump genoem.

Die besluit beteken dat Trump, ondanks sy verlies om weer as president verkies te word, sy houvas op die Republikeine in die huis verstewig het.

Cheney het ná die tyd aan verslaggewers gesê dat sy die stryd sal lei om haar party terug te bring na “die fundamentele beginsels van konserwatisme”.

Sy het ook belowe om te verhoed dat Trump ooit die presidentskap herwin. “Ek sal my bes doen om te verseker dat die voormalige president nooit weer naby die Withuis kom nie.”

Cheney, kongreslid van Wyoming en dogter van die voormalige adjunkpresident Dick Cheney was een van die tien Republikeine van die huis van verteenwoordigers wat in Januarie saam met die Demokrate gestem het toe Trump aangekla is van die aanhitsing van ’n opstand.

Sy het ook nie met die Republikeinse leier, Kevin McCarthy, saamgestem dat die Republikeine hulle daarvan moet weerhou om Trump te kritiseer nie, om sodoende beheer van die kongres in 2022 terug te wen.

Cheney het Woensdag nie gesê of sy in die huis van verteenwoordigers sal aanbly, of haar aanstaande jaar weer verkiesbaar sal maak nie.

Trump het in ’n verklaring ná die stemming om Cheney te verwyder, haar as “ ’n bitter, aaklige mens” beskryf en bygevoeg: “Sy het nie die persoonlikheid of iets goeds wat met politiek of ons land te doen het nie.” – Reuters


Meer oor:  Liz Cheney
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.