Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Reuse-ontploffing ruk Beiroet

'n Groot ontploffing het Dinsdag die Libanese hoofstad, Beiroet, geruk. 

Volgens Reuters is minstens 10 mense dood en honderde beseer.

Volgens CNN het die ruite in verskeie geboue regoor die stad gebreek weens die impak van die ontploffing. Die oorsprong van die hewige ontploffing was 'n reuse-brand wat by 'n pakhuis, waar vuurwerk vervaardig word, naby die hawe in Beiroet uitgebreek het. 

Verskeie geboue is deur die ontploffing beskadig waaronder die hoofkwartiere van die voormalige premier, Saad Hariri, en die kantore waarvandaan CNN in die stad hul werk doen. 

Ná die ontploffing het 'n rooi wolk oor Beiroet gehang terwyl nooddienste na die toneel gejaag het om die brand te blus. Volgens getuies is huise sowat 10 km vanaf die pakhuis in die ontploffing beskadig. Volgens die plaaslike media is verskeie motors vernietig. 

Rania Masri, 'n inwoner, het aan CNN gesê die ontploffing het soos 'n aardbewing gevoel.

Hospitale is versoek om op 'n gereedheidsgrondslag te wees om baie beseerdes te ontvang en te behandel.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.