Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Reuters-joernaliste dié week in hof in Mianmar

Die appèlhof in Mianmar gaan Dinsdag die aansoek van twee joernaliste van Reuters aanhoor wat skuldig bevind is op aanklagte dat hulle die land se veiligheidswet oortree het.

Wa Lone (32) en Kiaw Soe Oo (28) is in September gevonnis vir oortreding van dié land se wet op ampsgeheime.

Wa Lone (links) en Kyaw Soe Oo.

Hul skuldigbevinding hou verband met ’n berig waarin beweer is ’n militêre basis in die land vervaardig chemiese wapens.

Die leier van Mianmar, Aung San Soe Kji, sê hulle is nie tronk toe gestuur omdat hulle joernaliste is nie, maar omdat hulle die wet oortree het.

Die appèlhof, die hoogste hof in Mianmar, het Saterdag die joernaliste se saak op sy webwerf en Facebook-blad gelys.

Die joernaliste het vroeër aan die hof gesê die polisie het hulle valslik geïnkrimineer nadat twee polisielede dokumente aan hulle oorhandig het by ’n restaurant in Jangon toe hulle in hegtenis geneem is.

Die verslaggewers se gevangenisstraf het wêreldwyd groot

opslae gemaak en is as ’n aanslag op persvryheid beskou.

Die ondersoek waaraan die joernaliste gewerk het, is deur hul kollegas voltooi en in 2018 gepubliseer. Dit het verlede week die Pulitzer-prys vir internasionale verslaggewing gewen. - Reuters

Meer oor:  Mianmar  |  Joernaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.