Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Robot-barista bedien self klante
Klante wag in ’n koffiewinkel in die stad Daejeon in Suid-Korea op die koffierobot (links) om hulle te bedien. Foto: Reuters

“Hier is u rooibos-en-amandel-tee,” sê die robot in ’n koffiewinkel in Daejeon, Suid-Korea.

Nadat hy die drankie bedien het, ry hy byna geluidloos en moeiteloos weer weg.

Dié robot-barista ontvang en verwerk bestellings en kan tot 60 verskillende warm drankies maak en dit self bedien.

Suid-Korea verslap stelselmatig sy maatreëls teen die koronavirus. Meer as 11 000 mense in die land het die virus opgedoen en daar was 267 sterftes. Volgens die regering moet inwoners nou gewoond raak aan die “daaglikse handhawing van ’n gesonde afstand”.

Volgens Vision Semicon, ontwikkelaar van geoutomatiseerde fabrieke, kan sy robot daarmee help. Dit is saam met ’n innoveringsagentskap van die regering ontwikkel.

Die robot kan ook met ander toestelle kommunikeer en werk sy eie roetes in die koffiewinkel uit

“Ons stelsel het geen hulp van mense nodig nie – van bestelling tot bediening,” sê Lee Dong-bae, direkteur van navorsing by Vision Semicon.

“Ons sorg net dat die tafels ver genoeg van mekaar is om sy gladde beweging te verseker, maar dit pas in by die huidige veldtog van die handhawing van ’n gesonde afstand.”

Die robot kan ook met ander toestelle kommunikeer en werk sy eie roetes in die koffiewinkel uit. Hy kan ses drankies binne sewe minute bedien.

Die enigste mens in die betrokke koffiewinkel waar sy vaardighede getoets en ten toon gestel is, is een personeellid wat eetgoed bedien, voorraad aanvul en skoonmaak.

Vision Semicon hoop om minstens 30 koffiewinkels vanjaar van robotte te voorsien.

“Robotte is pret. En dit het alles glad verloop. Jy hoef nie eens jou bestelling by die toonbank te gaan haal nie,” sê Lee Tsjae-mi (23), ’n student.

“Maar dit maak my ook bekommerd omdat baie van my vriende deeltyds in kafees werk en dié robot gaan mense vervang.” – Reuters

Meer oor:  Robot  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.