Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vyf jaar later meen Rooi Kruis ontvoerde werkers lewe nog

Die internasionale komitee van die Rooi Kruis vra inligting oor waar drie van hul werknemers is wat vyf jaar gelede deur Isis in Sirië ontvoer is.

In hul eerste verklaring oor die drie het die Rooi Kruis die ontvoerdes as Louisa Akavi, ’n verpleegster van Nieu-Seeland, en twee Siriese motorbestuurders, Alaa Radjab en Nabil Bakdoenes, geïdentifiseer.

Louisa Akavi
Louisa Akavi, 'n Nieu-Seelandse onderwyser, is in 2013 in Sirië ontvoer. Foto: Rooi Kruis

“Ons laaste geloofwaardige inligting dui daarop dat Akavi laat 2018 nog geleef het,” lui die verklaring.

Soldate wat deur Amerika ondersteun is, het verlede maand die laaste grondgebied ontset wat nog deur Isis beheer is.

Rooi Kruis-amptenare sê daar is ’n kans dat Akavi onder die 70 000 vroue en kinders is wat na die Al-Hol-kamp gevlug het ná die val van Isis.

Akavi (62) werk al van 1988 vir die Rooi Kruis op gevaarlike plekke in die wêreld. Sy word nou al langer aangehou as enige ander lid van die noodlenigingsorganisasie tot nog toe in sy bestaan van 156 jaar.

Nieu-Seeland se regering is ook na Akavi op soek, sê Winston Peters, minister van buitelandse sake. Volgens hom is ’n niegevegspan in Irak ontplooi wat daarop fokus om haar te vind.

Nadat Isis Akavi in 2017 na Raqqa geneem het, is sy die laaste keer laat in 2018 in Al-Boekamal gesien naby die grens tussen Sirië en Irak, sê Dominik Stillhart, die Rooi Kruis se direkteur vir wêreldwye veldtogte.

“Ons weet dat Louisa as verpleegster gewerk het toe sy ontvoer is, wat dui op haar toewyding,” sê Stillhart. – Reuters

Meer oor:  Isis  |  Rooi Kruis  |  Louisa Akavi  |  Alaa Radjab  |  Nabil Bakdoenes  |  Sirië  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.