Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rotte vernietig kontant in kitsbank in Indië

Werkers wat ’n kitsbank in Indië moes herstel, het groot geskrik toe hulle uitvind dat meer as 1,2 miljoen roepees (R240 835) deur rotte verskeur is.

Die polisie in die deelstaat Assam sê die rotte het by ’n gaatjie vir bedrading ingeklim, berig die BBC.

Foto’s van die kitsbank en kontant wat verskeur is by ’n tak van die State Bank of India in die distrik Tinsukia, is wyd op Twitter gedeel.

Een foto wys ook ’n dooie rot wat in die oorblyfsels lê.

Die kitsbank was glo 12 dae buite werking toe die werkers ontbied is om dit te herstel.

Werkers kon egter 1,7 miljoen roepees (R341 183) se kontant red wat nog in die kitsbank gevind is, berig die Hindustan Times.

Meer oor:  Indië  |  Rotte  |  Kitsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.