Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rowan Atkinson verdedig Boris se ‘goeie grap’

Die komediant Rowan Atkinson sê Boris Johnson, Engeland se oudminister van buitelandse sake, hoef nie verskoning te vra vir sy “grappie” oor burkas nie.

Boris Johnson.

’n Storm het om Johnson se kop losgebars nadat hy in ’n rubriek geskryf het dat vroue wat burkas dra, lyk soos “bankrowers” en “posbusse”.

Atkinson, bekend vir sy rolle as Mr Bean en Black Adder, het in ’n brief aan The Times geskryf iemand behoort net verskoning te vra vir ’n swak grap, berig Sky News.

“As iemand wat nog my hele lewe lank die vryheid het om grappe oor geloof te maak, dink ek Boris Johnson se grap oor mense wat burkas dra wat soos posbusse lyk, is ’n besonder goeie grap.

“Alle grappe oor geloof gee aanstoot. Dit is dus sinloos om verskoning te vra,” sê Atkinson.

Johnson se rubriek in die

Daily Telegraph was in reaksie op Denemarke wat die dra van volle gesigsluiers verban het. Ondanks sy opmerkings, het hy gesê die Verenigde Koninkryk moenie die fout maak om Denemarke se voorbeeld te volg nie.

'n Moslemvrou. Foto: Marga Ley

Meer oor:  Boris Johnson  |  Rowan Atkinson  |  Verskoning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.