Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rudy Giuliani ’n ‘verneuker en leuenaar’, sê eks

Die vervreemde vrou van Rudy Giuliani, voormalige burgemeester van New York en pres. Donald Trump se prokureur, hou vol dat hy ’n buite-egtelike verhouding met sy persoonlike assistent se getroude ma gehad het voordat sy hom in April om ’n egskeiding gedagvaar het.

Daily Mail berig Judith Nathan, Giuliani se vrou van 15 jaar, beweer hy het ’n verhouding met dr. Maria Rosa Ryan gehad.

Sy is ook die ma van Vanessa Ryan, wat Giuliani in Mei vanjaar in die hof verdedig het toe sy van finansiële bedrog aangekla is.

Die New York Post berig dat Giuliani en Ryan se verhouding begin het voordat Nathan hom om ’n egskeiding gedagvaar het.

Hulle is ook in Maart vanjaar by die Mountain View Resort and Spa in Whitefield in New Hampshire saam gesien.

Giuliani het egter Dinsdag volgehou dat hy nooit ontrou was nie en dat hy en Ryan, na wie hy as “ ’n baie, baie voortreflike vrou” verwys, net vriende is. Hy het bygevoeg dat daar “geen bewys” van seks is nie.

Nathan sy hy is ’n verneuker en leuenaar.

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Rudy Giuliani  |  New York  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.