Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ruimtevaarders doen noodlanding

Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

_____________________________________________________

Ruimtevaarders onderweg na die Internasionale Ruimtestasie (ISS) moes Donderdag ’n noodlanding doen.

Nick Hague van Amerika en Alexei Ovchinin van Rusland het van die Cosmodrome in Kazakstan met die Soyuz-vuurpyl gelanseer, berig TimesNow.

Die vuurpyl het nie genoeg krag gehad om hulle tot in ’n wentelbaan te neem nie.

Hulle sou ses uur later by die ISS vasmeer.

Die twee ruimtevaarders het veilig in die Soyuz-kapsule geland, volgens Nasa. Noodspanne is na die gebied in Kazakstan gestuur om die twee by te staan.

Soyuz MS-10 lanseer Donderdag van die Baikonur Cosmodrome in Kazakstan onderweg na die Internasionale Ruimtestasie. Die ruimtevaarders moes kort ná lansering ’n noodlanding doen.Foto: Reuters

Die ruimtevaarders Nick Hague (VSA) en Alexey Ovchinin (Rusland) gaan Donderdag aan boord van die Soyuz MS-10 vir lansering by die Baikonur Cosmodrome in Kazakstan, onderweg na die Internasionale Ruimtestasie. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.