Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rusland, China steun nie VSA oor VN-swartlys

Rusland en China het Donderdag beswaar gemaak teen ’n voorstel van die VSA om ’n Russiese bank, ’n Noord-Koreaanse bankier in Moskou en twee ander liggame op ’n swartlys van die VN-veiligheidsraad te sit, sê diplomate.

Die lys is in pas met sanksies wat die Amerikaanse tesourie verlede week aangekondig het.

Amerika het die voorstel ingedien by die Veiligheidsraad se komitee oor sanksies teen Noord-Korea, wat uit 15 lede bestaan en deur konsensus besluite neem.

Rusland het beswaar daarteen gemaak en sê die VSA se voorstel is nie “behoorlik gegrond op voldoende inligting nie”, volgens diplomate.

China het nie redes vir sy besware verskaf nie.

Albei lande het al voorgestel dat die Veiligheidsraad sanksies verlig nadat pres. Donald Trump en Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, in Junie vergader het en Kim beloof het om kernontwapening na te streef.

Amerika en ander lede van die raad sê die sanksies moet streng toegepas word totdat Noord-Korea gehoor gee.

Washington het verlede week sanksies ingestel teen Agrosoyuz Commercial Bank in Moskou, Ri Jong Won, ’n Noord-Koreaanse bankier, Dandong Zhongsheng Industry & Trade in China en Korea Ungum Corporation in Noord-Korea.

Volgens die Amerikaanse tesourie het Agrosoyuz Bank ’n “aansienlike transaksie” beklink met Han Jang Su, ’n Noord-Koreaanse bankier wat op Washington se swartlys is.

Han is die hoofverteenwoordiger in Moskou van die Foreign Trade Bank (FTB), Noord-Korea se hoofbank vir buitelandse valuta.

FTB is in Augustus 2017 deur die Veiligheidsraad op die swartlys geplaas. Ri is FTB se adjunk-verteenwoordiger in Moskou.

Die Amerikaanse tesourier sê Dandong Zhongsheng Industry & Trade en Korea Ungum Corporation was frontmaatskappye van FTB.

Die VN-swartlys maak voorsiening vir ’n wêreldwye reisverbod en die vries van bates.

Sanksies deur die VSA en Veiligheidsraad, insluitend die verbod op uitvoer van steenkool, yster, lood, tekstiele en seekos van Noord-Korea, is daarop gemik om finansiering vir Pjongjang se kern- en missielprogramme af te sny.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.