Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rusland en Amerika vang elkeen ’n spioen

Dis skynbaar weer soos tydens die destydse Koue Oorlog spioen-teen-spioen tussen Rusland en die VSA.

Bloomberg berig die Amerikaanse federale speurdiens, die FBI, het volgens Rusland se ministerie van buitelandse sake ’n Russiese burger in die Noord-Mariana-eilande, in die Stille Oseaan, in hegtenis geneem.

'n Foto van Paul Whelan wat deur sy familie uitgereik is. Foto: Whelan-familie, via Reuters

Volgens die ministerie is Dmitry Makarenko na die Amerikaanse deelstaat Florida geneem, hoewel daar niks in Amerikaanse hofrekords is wat toon dat hy daar aangekom het nie.

Makarenko is gesoek weens aanklagte van 2017 wat spruit uit geldwassery en die onwettige uitvoer van militêre toerusting, lui Amerikaanse hofdokumente.

Die Russiese ambassade in Washington het deur familielede van Makarenko se aanhouding te hore gekom, het die ministerie Saterdag in ’n verklaring op sy webblad gesê. Makarenko is op die eiland Saipan saam met sy vrou, kinders en ouers aangehou nadat hulle op 29 Desember by die lughawe daar geland het, lui die verklaring.

Die Russiese ambassade in Washington wil toegang tot Makarenko hê, en die ministerie eis ’n verduideliking vir sy arrestasie. Die Amerikaanse elektroniese hofstelsel identifiseer hom as Dmitrii Makarenko.

Verlede week het Russiese owerhede Paul Whelan, ’n oud Amerikaanse seesoldaat in Rusland in hegtenis geneem weens vermeende spionasiebedrywighede. Whelan, direkteur van wêreldwye sekuriteit vir die motoronderdeleverskaffer BorgWarner Inc van Michigan, is volgens die Russiese Federale Veiligheidsdiens (FSB) in hegtenis “gedurende ’n spioenasie-operasie” op 31 Desember.

Whelan se aanhouding kom twee weke nadat Maria Butina, ’n Rus en vuurwapengeesdrigtige, in Amerika erken het dat sy saamgesweer het om as ’n ongeregistreerde buitelandse agent op te tree.

Moskou en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) het in die verlede gereeld spioene uitgeruil.

Meer oor:  Fbi  |  Amerika  |  Rusland  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.