Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rusland stuur voorraad na Amerika

’n Militêre vliegtuig met mediese toerusting het Woensdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) vanaf Rusland na Amerika vertrek om die Amerikaners in hul stryd teen die koronavirussiekte (Covid-19) te help.

Dié Russiese vliegtuig word glo ná ’n telefoongesprek tussen pres. Wladimir Poetin van Rusland en pres. Donald Trump na die land gestuur.

Dmitri Peskof, ’n Kremlin-woordvoerder, het Dinsdag bekend gemaak dat Poetin die Amerikaanse president gevra het of die VSA hulp benodig.

Volgens Peskof het Trump glo Poetin se aanbod Maandag in hul oproep aanvaar.

Russia Today het Woensdag omstreeks 05:30 (Suid-Afrikaanse tyd) beeldmateriaal van die vliegtuig met mediese toerusting gedeel, asook hoe dié vliegtuig vir sy vlug na Amerika opstyg.

Rusland se departement van verdediging het Woensdag die vliegtuig se vertrek bevestig.

Beeldmateriaal wat binne die vliegtuig geneem is, wys dat daar honderde bokse met mediese toerusting aan boord is.

Russia Today berig dat Trump egter voortydig aangekondig het dat ’n “baie, baie groot vliegtuig” van Rusland na Amerika op pad is met toerusting nog voordat die owerhede in Moskou dit kon bevestig.

Soos vroeër op Netwerk24 berig is, het Rusland ook mediese toerusting na Italië gestuur. – Reuters

Meer oor:  Poetin  |  Amerika  |  Rusland  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.